Skip to main content
Biddae

Biddag vir Gesondheidsdienste

By April 1, 2022No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Biddag vir Gesondheidsdienste

Dit is vandag Biddag vir Gesondheidsdienste. Daar is ‘n uitdeelstuk met gebedswenke en doen idees.

Ons bid vandag vir mense wat uit die aard van hulle werk, elke dag ander dien… dokters, verpleegpersoneel, nooddienswerkers, ens. in die gesondsheidsdienste. Julle kan dié persone vra om in hulle uniform / werksklere die erediens by te woon en vir hulle bid (en dalk ‘n kaartjie oorhandig). Sien ook die foto van hande-kaartjie as ‘n voorstel.

 

Reënboog gebed
sien die uitdeelstuk by:

Biddag vir Gesondheidsdienste

‘n Reënboog bring hoop en help ons onthou dat God vir ons sorg. Gebruik die kleure van die reënboog om saam in die erediens te bid, asook tuis.

ROOI – Dankie vir Jesus se liefde vir ons

ORANJE – Ons bid vir diensbaarheid, geduld en nederigheid

GEEL – Help elkeen wat bang of alleen voel

GROEN – Ons bid vir siek mense en mense wat versorg moet word

BLOU – Ons bid vir gesondheidswerkers – dokters, verpleegsters en noodpersoneel

PERS – Ons stel ons vertroue in God, ons Koning, wat vir ons sorg

PIENK – Ons bid vir veiligheid en gesondheid

Leave a Reply