Skip to main content
Vakansie- en spesiale dae

Vryheidsdag

By March 29, 2022April 11th, 2022No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Vryheidsdag

Vandag se intergenerasionele wenk handel oor Vryheidsdag wat jaarliks op 27 April in Suid-Afrika herdenk word. Gebruik vandag ‘n pakkie “Speckled Eggs” (van Mister Sweet) as voorbeeld.

Vryheidsdag 27 April en “Speckled Eggs”
27 April is ‘n vakansiedag – wie kan raai watter dag ons vier? (kry terugvoer) en hoekom vier ons dit? (kry antwoorde).

Dis reg ja, Vryheidsdag! Ons vier die eerste verkiesing wat in Suid-Afrika gehou is waaraan alle mense in Suid-Afrika kon deelneem.

Nou wat het “Speckled Eggs” (van Mister Sweet) en Vryheidsdag met mekaar te doen? Het julle geweet dat alhoewel “Speckled Eggs” buite verskillende kleure het (pienk, blou, pers, groen, geel ens), hulle presies dieselfde smaak? (Indien moontlik, deel vir elkeen uit.) Jou brein mag dalk vir jou anders vertel, maar dis ‘n feit!

Vryheidsdag is belangrik, want voor 1994 was mense verskillend behandel, met verskillende regte, op grond van hulle velkleur (hulle buitekant). Ons weet nou dat dit verkeerd was en dat alle mense in God se beeld geskep is (ons het dieselfde “binnekant”) en daarom moet alle mense gelyk, regverdig en met menswaardigheid behandel word – dit is ook vir die Here baie belangrik.

Jesus en geregtigheid
Ons het verlede week die opstanding gevier. In Kolossense 3 vertel Paulus wat die implikasie van die opstanding is – ons is almal saam in Christus opgewek, daarom die opdrag in vers 10 en 11:

“… leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God. Hier is dit nie van belang of iemand Griek of Jood is nie, besny of nie besny nie, andertalig, onbeskaaf, slaaf of vry nie. Hier is Christus alles en in almal.”

Ons kan ook nie vandag op grond van ander redes teenoor mense diskrimineer nie, maar moet streef na geregtigheid vir almal.

Aktiwiteit – hand afdrukke
Laat almal in die erediens hulle hande kom aftrek op ‘n graffiti muur (groot velle papier wat opgeplak is) en hulle name in hulle handafdruk skryf as simbool daarvan dat elkeen in die gemeente (ongeag verskille) deel is van God se familie.

Uitdaging: Vind meer uit oor die geskiedenis van Suid-Afrika en bid saam vir die mense van ons land.

Nog idees:
Vertel die inspirerende verhaal van ‘n Christen vryheidsvegter – Charlotte Maxeke, wat 150 jaar gelede gebore is.

https://www.dw.com/en/charlotte-maxeke-mother-of-black-freedom/a-43347997

https://en.wikipedia.org/wiki/Charlotte_Maxeke

Leave a Reply