Skip to main content
Erediens: Kerkjaar

Epifanie: Lig

By January 5, 2022March 30th, 2022No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Epifanie (lig)

Sluit aan by Epifanie  – verduidelik die betekenis daarvan aan die hand van die simbole

Maak vooraf ‘n uitstalling vir Epifanie:

  • Groen en wit lappe (simboliese kleure)
  • Groen takke (groei)
  • Die jaartal 20xx (Jesus se aardse teenwoordigheid, ook in dié jaar)
  • Betlehem ster (Jesus se menswording en kinderdae)
  • ‘n Bakkie water (Jesus se doop)
  • ‘n Lampie (Jesus is die lig op ons pad)

Verduidelik die Kerkjaar seisoen Epifanie en die simboliek daarvan. Verwys na die lampie en maak die punt dat Jesus aan die begin van die skooljaar vir elkeen herinner dat Hy ons Lig is (al is dit donker / al is ons onseker).

Die kerkjaar kalender: https://dinkjeug.co.za/kerkjaar-kalender/

Meer oor die kerkjaar: https://dinkjeug.co.za/meer-oor-die-kerkjaar/

Meer oor Epifanie: https://dinkjeug.co.za/meer-oor-epifanie/

Gebed uit die Vroeë Kerk

Die Here is voor jou om die pad gelyk te maak.
Die Here is langs jou om jou in sy arms toe te vou.
Die Here is agter jou om die aanvalle van die Bose af te slaan.
Die Here is onder jou om jou dra as jy mag val.
Die Here is rondom jou om jou te beskerm.
Die Here is bokant jou om jou te seën.
Die Here is binne jou om jou te lei met sy Heilige Gees.
Die Here is vir jou, want Jesus pleit vir jou.
Die drie-enige God is by jou, van nou af tot in ewigheid.
Amen.

Leave a Reply