Familiegewoontes

Familiegewoontes 3: Gesinstyd

By Mar 29, 2022 Mar 31st, 2022 No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Familiegewoontes 3: Gesinstyd

Hierdie week is die derde in ‘n reeks van vier, waar ons gesels oor familiegewoontes  – die onderbou vir die vorming van geloof, aangesien dissipelskap binne verhoudings gebeur. Vandag gesels ons oor gesinstyd of kwaliteit tyd.

“Sal jy eerder…” speletjie
Elkeen kry ‘n kans om 2 scenario’s te stel wat gaan oor hoe ons tyd spandeer met mekaar. Die ander in die familie / in die banke kies dan tussen die twee. Of jy kan telkens 2 gee. Voorbeelde hiervan is: “Sal jy eerder op ‘n bosvakansie of op ‘n seevakansie gaan?”, “Sal jy eerder ‘n piekniek hou of gaan swem?” en “Sal jy eerder met ‘n groep kuier of met een persoon?”.

Kwaliteit tyd
Elke dag spandeer ons tyd met die mense in ons huis, maar dis nie noodwendig kwaliteit tyd nie. Daar is baie goed in die lewe wat gedoen moet word, soos huis skoonmaak, werk, skoolwerk, kosmaak, skermtyd ens. Hierdie dinge is belangrik, maar tog kan dit soms al ons tyd of aandag opneem, sodat ons nie tyd maak vir dit wat regtig belangrik is nie. Soms moet ‘n mens buite die roetine, dinge saam doen en intensioneel met mekaar gesels. Voorbeelde hiervan is om ‘n piekniek te hou, te gaan stap of saam tee te drink. Vertel ‘n storie hiervan uit jou eie lewe.

Gespreksvrae:
Wat steel julle tyd?
Hoe lyk kwaliteit tyd vir julle?
Hoe kan julle hierdie week tyd maak vir gesinstyd of kwaliteit tyd met iemand?

 

 

 

Leave a Reply

en_ZAEnglish