Skip to main content
Erediens: KerkjaarKerkjaar

Lydenstyd (die kruis)

By March 7, 2022March 30th, 2022No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Lydenstyd (die kruis)

Ons vier tans die kerkjaar seisoen Lydenstyd en help families om die betekenis daarvan hulle eie te maak. Ons gebruik elke week ‘n ander simbool om hieroor te gesels. Vandag gesels ons oor die kruis, asook die geloofsgewoonte van vas en sondebelydenis. Verlede week was die simbool die sewekandelaar – onthou om vandag 6 kerse daarvan aan te steek en ‘n tweede een dood te blaas wanneer jy oor Lydenstyd gesels. Sien onderaan die skakels met meer inligting hieroor. Plaas vandag ‘n groot kruis in die liturgiese ruimte. Jy sou ook dat almal klein kruisies maak.

Die simbool van die kruis
In Lydenstyd word daar gefokus op die lyding van Jesus toe Hy op aarde was. Die kruis van Jesus is die einde van Lydenstyd waar Jesus gely en gesterf het vir ons. Daarom is die kruis ‘n simbool van Lydenstyd en dit help ons om te onthou dat Jesus ook in ons lyding by ons is. Christene oor die eeue heen gebruik Lydenstyd om hulself voor te berei op Paasfees deur introspeksie en sondebelydenis te doen. Ou kerkgewoontes soos vas, stilte en gebed het Christene oor die eeue hiermee gehelp.

Meer oor vas…
Vas is om jouself van iets te ontsê sodat jy wanneer jy dit mis, jy kan onthou om te bid. Dit help jou ook om aan Jesus se opofferende liefde te dink. Sommige mense vas van kos, deur byvoorbeeld ‘n maaltyd per week (of per dag), ‘n kossoort soos vleis of lekkernye soos sjokolade of koffie uit te skakel vir die 40 dae tyd. Ander vas van sosiale media (bv. van ‘n sekere app) of beperk skermtyd of staan byvoorbeeld ‘n paar minute vroeër op om te bid.

Laat die gemeente in gesinsverband of groepies gesels oor een van die volgende vrae:

  • Waaraan laat die kruis jou dink?
  • Wat beteken dit vir jou om te hoor dat Jesus by jou is as jy ly of swaarkry?
  • Hoe kan jy hierdie Lydenstyd vas of gebed ‘n gewoonte (commitment) maak?

Gebed
Laat elkeen vandag in stilte bid en sondebelydenis doen – spreek daarna ook die vryspraak oor hulle uit.

Uitdaging
Julle kan by die huis ook ‘n kruis maak uit hout, draad, karton of twee stokke en iewers uitstal, byvoorbeeld naby aan julle voordeur. Laat dit julle daagliks herinner om te bid.

 

Meer oor lydenstyd hier: 

Meer oor Lydenstyd

Meer doen idees vir gesinne hier: 

Doen idees vir Lydenstyd en Goeie Vrydag

Leave a Reply