Skip to main content
Vakansie- en spesiale dae

Valentynsdag

By April 1, 2022No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Valentynsdag 

Voorbereiding: Kry vooraf al die items gereed vir die vertelling. Jy kan ook die meegaande liefde PowerPoint gebruik. Deel ook vooraf rooi gebedsbriefies uit met ‘n hartjie op en penne. Kry ‘n groot tak gereed of ‘n tou met wasgoedpennetjies waarop die gebedsbriefies gehang kan word. 

Liefde in verskillende lande
Valentynsdag word op 14 Februarie deur baie skole en verliefdes dwarsoor die wêreld gevier. Dalk beplan julle ook om dit te vier en ‘n kaartjie of boodskap vir iemand te stuur?

Maar het julle geweet dat verskillende lande en kulture verskillende tipe geskenkies gee of dinge doen om die liefde te vier? Sommige is ook baie vreemd, hier is ‘n paar voorbeelde:

  • Krale – in die Zoeloe kultuur van SA kan jy met verskillende kleure krale ‘n “liefdesbrief” stuur aan jou geliefde – elke kleur kraletjie het ‘n verskillende betekenis.
  • Kosblik – in Japan sal jy ‘n mooi kosblik pak vir iemand waarvan jy hou
  • Varkie – met ‘n varkie speelding, soft toy of selfs sjokolade varkies wys jy jou liefde vir iemand in Duitsland
  • Groot veer / verestowwer – in Nigerië moet die Wodaabe Fula mans hulle mooi aantrek met volstruisvere in hulle hooftooisel en gesigverf om die aandag van die vroue te trek.
  • Dik wol sokkies – in Slowenië moet jy jou warm sokkies en skoene uittrek en kaalvoet deur die sneeu stap op die 14de Feb om jou liefde te bewys
  • Slot – in Parys in Frankryk kan jy ‘n slot op ‘n brug vasmaak met jou en jou geliefde se voorletters daarop – gooi daarna die sleutel in die rivier as teken dat julle vir ewig aan mekaar verbind is.
  • Houtlepel – in Wallis gee ‘n man vir ‘n vrou ‘n houtlepel – dis darem ‘n mooi gekerfde een wat hy self gemaak het en nie net enige lepel nie

Bronne: https://www.wanderlust.co.uk/content/bizarre-ways-of-expressing-love-around-the-world/ en https://weddedwonderland.com/9-bizarre-and-romantic-love-traditions-around-the-world/

As gelowiges, weet ons dat liefde nie net gaan oor romantiese liefde nie, maar oor veel meer. God wys vir ons deur Jesus dat ons ander mense, ongeag wie hulle is, ook moet liefhê. Ons kan ander mense liefhê en wys wie Jesus is deur vir hulle om te gee, vriendelik te wees, diensbare dade vir hulle te doen, vir hulle dankie te sê en vir hulle te bid.

Een van die maniere waarop ons vir mense wys ons gee vir hulle om, is om vir hulle te bid. Julle kan elkeen aan iemand dink en hulle naam op die briefie skryf. Gee daarna kans dat almal die briefies kan kom ophang aan die tak / wasgoedlyn. Doen daarna ‘n gebed vir hulle.

Ekstra hulpmiddels:

https://kixkinders.co.za/wp-content/uploads/2022/01/2022-KIX-Valentynsdag-Afr.pdf

Leave a Reply