Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Advent Sondag 3 – Vreugde
Hierdie Sondag is die derde week van Advent. Kyk gerus op www.dinkjeug.co.za vir nog meer Advent en Kersfees idees vir kinders en families.
Adventskrans
Steek die derde kers aan in die adventskrans. Herinner almal dat Advent beteken “die naderende koms” en die kerse wat een vir een aangesteek word, help ons om uit te sien na Kersfees waar ons die koms van Jesus na die aarde vier. Tydens Advent doen ons 3 dinge:
- Ons dink terug aan die profete wat Jesus se koms voorspel het
- Ons berei onsself voor om Kersfees te vier
- Ons sien ook uit na Jesus se wederkoms
Verduidelik ook die kerse se betekenis – die eerste kers simboliseer hoop, die tweede kers vrede en vandag se kers vreugde. Daar brand dus nou 3 kerse. (Die vierde kers word volgende Sondag aangesteek en simboliseer liefde, en die laaste kers is die Christus kers wat op Kersdag aangesteek word.)
Adventpakkie: https://dinkjeug.co.za/adventpakkie-2021-die-groot-geskenk-van-kersfees/