Skip to main content
Familiegewoontes

Waardeer mekaar

By September 6, 2021April 1st, 2022No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Waardeer mekaar!

Ons gesels hierdie week daaroor om mekaar te waardeer – ‘n familiegewoonte wat ons kan help om verhoudings te versterk en vir mekaar om te gee by die huis en in die gemeente

Tale van die liefde
Wys die skyfie en sê iets oor die verskillende maniere waarop ons mekaar kan waardeer. Dit kom uit Gary Chapman se boeke oor “The 5 Love Languages” en help ons om te verstaan dat elke mens ‘n unieke “taal” of voorkeur het waarmee hy/sy graag liefde ontvang en gee.

  • Opbouende woorde – jy blom as jy ‘n kompliment ontvang en sê maklik “ek is lief vir jou”.
  • Kwaliteit tyd – jy sal graag iets saam met iemand doen, of tydsaam wil vertel hoe jou dag was.
  • Geskenkies – jy gee graag kaartjies of klein geskenkies en hou daarvan om dit te kry ook!
  • Diensbare dade – jy help graag met take of waardeer as iemand vir jou ‘n koppie tee maak.
  • Fisiese aanraking – jy hou daarvan om styf teen jou geliefdes te sit of drukkies te gee.

Die boek en baie artikels hieroor kan aanlyn gevind word. https://www.verywellmind.com/can-the-five-love-languages-help-your-relationship-4783538

Gespreksvraag: Watter “taal” is jou voorkeurtaal om liefde te ontvang en te gee?

Bid: Hierdie is maar een manier om weer op te let na die verskillende maniere waarop ons mekaar kan waardeer. Kom ons bid en sê vir God dankie vir die mense in ons lewe.

Uitdaging: Wys aan jou familie / naastes hierdie week liefde op die manier waarop hulle dit verkies (m.a.w. deur dade / woorde / tyd / geskenkies / nabyheid te gee).

Leave a Reply