Skip to main content

Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Biddag vir Jeug en Kategese (doopherinnering)

‘n Intergenerasionele moment in ‘n erediens wil ‘n oomblik skep waar mense (oud en jonk) saam God kan aanbid, hulle ervarings met mekaar deel en nader aan mekaar kom.

Hierdie Sondag vier ons Biddag vir Jeug en Kategese. Dit is ‘n ideale geleentheid om vir elke kind en tiener in die kerk te herinner dat hulle volwaardig deel van die gemeente is en dat God hulle liefhet. Hierdie wenk kan ook gebruik word saam met die teks oor Abram se roeping in Genesis 12.

Doopherinnering
Verduidelik dat die doop ‘n teken is dat God elke een eerste liefhet en sy Seun, Jesus, vir ons gestuur het. Hy vergewe ons van sonde en gee vir ons die Heilige Gees om ons te bemoedig en te troos. Hy maak ons deel van sy familie (die kerk) en help ons om te getuig.  Daarom kan ons vandag op Biddag vir Jeug en Kategese, elke jongmens herinner dat God jou liefhet en dat jy deel is van die familie!

Roep kinders na vore vir ‘n doopherinnering waar jy met die water ‘n kruisie maak op die agterkant van hulle hand met die woorde – “Jy is gedoop, jy is deel van God se familie.” Wees sensitief vir kinders wat nie gedoop is nie – pas die woorde dan net aan. Indien jy in ‘n klein gemeente is, sou jy ook aan volwassenes die doopherinnering kon gee. Indien jy in ‘n groot gemeente is, sou jy ‘n paar mooi bakke met water kon plaas op verskillende plekke in die kerk waar gesinne vir mekaar die doopherinnering kan gee (verduidelik net alles mooi vooraf dat hulle weet dit is nie ‘n doop nie, maar ‘n doopherinnering).

Deel daarna die boekmerkies uit aan al die kinders en tieners: Boekmerk Biddag Jeug printing AFR (kleur of swart en wit)
Die boekmerkies is ook in Engels beskikbaar: Boekmerk Biddag Jeug printing ENG (kleur of swart en wit)

Gebruik die PowerPoint en laat die gemeente in klein groepies saam bid vir die jeug van Suid-Afrika en die kategese: PPT Biddag vir Jeug en Kategese 2023

Vir meer agtergrond oor Jeugdag asook ‘n gebed vir die kinders van Suid-Afrika – volg dié skakel: https://dinkjeug.co.za/erediens-wenk-biddag-jeug-en-kategese-2022/

Die argief van intergenerasionele wenke kan gevind word op DinkJeug se tuisblad by die opskrif “Erediens Wenke”.

Leave a Reply