Skip to main content
Erediens: KerkjaarKerkjaar

Palmsondag en Groot Lydensweek

By March 29, 2022March 31st, 2022No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema:  Palmsondag en Groot Lydensweek

Vandag is Palmsondag en die begin van die Groot Lydensweek in die kerkjaar kalender.  Onthou om vandag ‘n sesde kers dood te blaas van die sewekandelaar (die sewende kers word op Goeie Vrydag doodgeblaas). Versier gerus die kerk met palmtakke of ander takke.

Inleiding
Verwys dalk na die vreugde wat mense ervaar by ‘n groot sport wedstryd (noem voorbeelde) of as iemand dalk sou gaan kyk na hulle geliefkoosde “band”. Mense raak amper histeries van opgewondenheid en die atmosfeer is fantasties. Jy kan geleentheid gee vir mense om stories hiervan met mekaar te deel.

Palmsondag
Verduidelik dat ons vandag Palmsondag vier – die dag wat mense hulle “hero” – die profeet Jesus wat wonderwerke doen, op sy pad na Jerusalem gaan ontmoet het. Hy het op ‘n donkie gery en hulle het hulle klere op die pad gegooi as teken daarvan dat Hy baie belangrik is en hulle het palmtakke gewaai terwyl hulle Hom loof en prys.

Die woord wat hulle geroep het, was “Hosanna” wat gebruik is om vreugde en aanbidding aan te toon, maar beteken letterlik “red asseblief”. Dit is ‘n verwysing na Ps 118 en is gebruik om Jesus te verwelkom en te erken as Redder en Messias.

Ons kan ook Jesus loof
Om Jesus te loof en prys beteken om aan jou gevoel van dankbaarheid en waardering teenoor Jesus uiting te gee. Dit wat jy voel en dink oor Jesus, raak sigbaar en hoorbaar deur jou woorde en dade.

Gesels in die banke: Op watter verskillende maniere kan ons vandag Jesus loof en prys?

Hande gebedsritueel: (lei die gemeente hierin)

  • Lig jou hande hoog op om God te loof. Sê vir God dankie vir al die wonderlike geskenke wat Hy in sy liefde vir ons gee.
  • Hou jou hande voor jou uitgestrek (palms na bo) en vertel Hom dat jy Hom wil dien en vir Hom leef.
  • Sit jou handpalms teen mekaar en bid vandag vir ander mense…

Hulpmiddel vir Groot Lydensweek (sintuie):
https://dinkjeug.co.za/wp-content/uploads/2022/02/Groot-Lydensweek-sintuie-finaal.pdf

Nog idees en uitdeelstukke vir kinders oor Palmsondag:
https://kixkinders.co.za/wp-content/uploads/2017/01/Ontmoeting_6_Jesus_is_ons_Koning.pdf

Maak Palmkruisies (vir instruksies met prentjies): https://www.instructables.com/How-to-Make-Palm-Crosses/
en vir instruksies met ‘n video: https://www.youtube.com/watch?v=znDyR8_POCU

PAASFEES HULPMIDDELS

Paasfees ontmoeting en uitdeelstukke:
https://kixkinders.co.za/wp-content/uploads/2017/01/Ontmoeting_7_Kruisiging_en_Opstanding.pdf

Video: Die storie van Paasfees (5min21)

Idees om Paasfees te vier: https://dinkjeug.co.za/idees-om-paasfees-te-vier/

Paasfees skattejag: https://dinkjeug.co.za/paasfees-skattejag/

Nog Paasfees idees op DinkJeug se webtuiste: https://dinkjeug.co.za/lydenstyd-paasfees/

Leave a Reply