Skip to main content
Vakansie- en spesiale dae

Moedersdag erediens wenk (2021)

By June 14, 2021May 15th, 2023No Comments

Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Moedersdag 

Moedersdag is vir sommige vroue ‘n uitsluitende geleentheid en nie almal het ‘n positiewe ervaring van hulle eie ma’s nie. Hierdie bied egter ‘n wonderlike geleentheid om erkenning te gee aan die verskeidenheid emosies wat met die dag gepaard gaan en so kan meer mense ingesluit word by die viering daarvan.

Moedersdag
Hulpmiddels: ‘n groot blompot en ‘n verskeidenheid soorte en kleure blomme wat vooraf aan verskillende kinders uitgedeel is.

Gesels in die banke met mekaar:
Vertel van iemand wat vir jou soos ‘n moeder is of was – dit kan ‘n vriendin, tannie, niggie, ouma, stiefma, onderwyser of selfs ‘n pa of oom wees wat hierdie rol in jou lewe speel / gespeel het.

Simboliese handeling van blomme
Vandag vier ons alle tipe moeders en mense wat in ons lewens ‘n rol van versorging, aanmoediging en omgee speel. Die verskeidenheid tipe en kleure blomme simboliseer die verskillende tipe “moeders”  – ma’s, stiefma’s, pleegma’s, tannies, niggies, bure, oumas, vriendinne, onderwysers, en soveel ander mense, wat op verskillende tye in ons lewe ons lewens aanraak.

Vra nou dat die verskillende kinders elk ‘n blom in die pot sit as simbool hiervan.

Huldeblyk:
Ons gee ook erkenning aan die verskeidenheid emosies wat mense vandag beleef – dankbaarheid, vreugde, verlange, verlies, hartseer en teleurstelling en ons dink vandag in ons gebede aan die volle spektrum van ervarings wat vandag in ons gemeente teenwoordig is.

Lees daarna die volgende voor:

Aan almal… deur Amy Young

• Aan almal wat geboorte geskenk het aan hul eerste kind – ons vier saam met jou;
• Aan almal wat ’n kind verloor het – ons is hartseer saam met jou;
• Aan almal wat elke dag met kleintjies in loopgrawe is en die kenteken van kosvlekke dra –  ons waardeer jou;
• Aan almal wat verlies beleef het deur miskrame, mislukte aannemings of kinders wat weggeloop het – ons treur saam met jou;
• Aan almal wat die moeilike pad van onvrugbaarheid geloop het – ons loop saam met jou. Vergewe ons wanneer ons onsensitiewe goed sê.
• Aan alle pleegma’s, mentor ma’s en geestelike ma’s – ons het jou nodig!
• Aan almal wat goeie, warm verhoudings met hul kinders het – ons vier dit saam met jou;
• Aan almal wat teleurstelling, hartseer en afstand met hul kinders beleef – ons sit by jou;
• Aan almal wat vanjaar hul ma’s verloor het – ons huil saam met jou;
• Aan almal wat deur hul eie ma’s mishandel is – ons gee erkenning aan jou belewenis;
• Aan almal wat bestuurslisensie toetse, mediese toetse en die algemene toetse van moederskap oorleef het – ons is beter omdat jy by ons is;
• Aan almal wat vanjaar leër neste het of gaan hê – ons dink aan jou;
• Aan almal wat swanger is, beide verwag of verras – ons sien saam met jou uit.
Hierdie Moedersdag stap ons saam met elkeen. Moederskap is nie vir die swakkes nie en ons het helde in ons midde. Ons onthou julle en eer julle.

Vertaal vanaf ‘n uittreksel uit ‘n blog post van Amy Young (https://www.messymiddle.com/an-open-letter-to-pastors-a-non-mom-speaks-about-mothers-day/)

Leave a Reply