Erediens: Familiediens

Wenk van die Week 08.08.2021 Gesinswaardes en Vrouedag

By Aug 5, 2021 No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Familiegewoontes 2: Gesinswaardes (Vrouedag)

Hierdie week is die tweede in ‘n reeks van vier waar ons gesels oor familiegewoontes wat ons help om goeie verhoudings te kweek en geloof te vorm. Vandag gesels ons oor gesinswaardes. Dit is ook Vrouedag (op 9 Aug) en daarom kan ons ook vandag dink aan vroue wat vir ons ‘n voorbeeld van belangrike waardes was.

Indien jy die leesrooster teks (Efesiërs 4:25-5:2) preek, sluit die eerste twee verse van hoofstuk 5 hierby aan, omdat liefde die onderbou is van ‘n gehoorsame lewe.

Storie van die gehoorsame hond
Iemand het eenkeer vertel van hulle gehoorsame hond wat haarself altyd so goed gedra terwyl haar eienaar naby is en ‘n ogie op haar het, maar die oomblik wanneer die eienaar die huis verlaat, trek daardie hond los en saai verwoesting. Hy het hierdie beeld gebruik om ons te herinner dat ons fokus nie in die eerste plek behoort te wees om ons kinders te kry om ‘n stel reëls na te kom terwyl ons hulle dophou nie. Ons uitdaging is om kinders toe te rus met ‘n stel waardes wat as interne fokus dien en hulle motiveer tot ‘n karaktergedrewe manier van lewe, selfs wanneer daar niemand is wat hul dophou nie.

Dit is nie moontlik om reëls en waardes van mekaar te skei nie. Ons kan wel sê dat waardes die beginsels is wat die onderbou gee en rigtingwysers is, terwyl reëls die tydelike ooreenkomste is wat ons met mekaar aangaan. Waardes is die rede hoekom ons sekere dinge doen, terwyl reëls die manier is hoe ons hierdie dinge doen.

Gespreksvraag in die banke /tuis:

  • Vertel van ‘n reël uit jou kinderdae wat nie meer geld nie.
  • Watter waarde(s) is vir ons in die huis / gemeente belangrik?

Vrouedag aansluiting (opsioneel)

  • Watter vrou in jou lewe het vir jou ‘n belangrike waarde geleer?

Tuis aktiwiteit vir gesinne: Familiewapen  

Maak jou eie familiewapen

Leave a Reply

en_ZAEnglish