Skip to main content
Geloofsgewoontes

Geloofsgewoontes: Mededeelsaamheid

By October 29, 2021April 1st, 2022No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Mededeelsaamheid (geloofsgewoontes reeks)

Ons is besig met ‘n reeks oor geloofsgewoontes. Hierdie week se tema is mededeelsaamheid. Rol die uitdeelstuk af en knip dit op om te gebruik in die erediens.

Dink aan woorde wat die woord “deel” bevat
Gee almal kans om te kyk hoeveel woorde hulle aan kan dink wat die woord “deel” bevat. Bv. uitdeelstuk, gemene deler, ens.

Verduidelik mededeelsaamheid en vertel ‘n storie
Mede + deel + saam gee ons ‘n wenk van wat hierdie geloofsgewoonte behels. Ons deel iets met mekaar. Om byvoorbeeld jou toebroodjies te deel by die skool of werk, is seker een van die mees eenvoudigste vorme van mededeelsaamheid (vertel jou eie storie). Dis ‘n manier waarop ons Jesus se liefde prakties kan bewys en ‘n geloofsgewoonte wat ons kan inoefen. Soms is mededeelsaamheid in een rigting, maar soms is dit wedersyds. Ons deel wat ons het met mekaar, tot mekaar se voordeel. Ons kan tyd, geld, besittings, vriendelikheid, kos, wysheid, en nog baie meer dinge deel met ander.

Geselsvraag: Vertel van ‘n keer toe iemand iets met jou gedeel het.

Mededeelsaamheid uitdaging:
Gebruik die meegaande uitdeelstuk. Rol dit vooraf af en sny dit in stukke sodat elke uitdaging op ‘n aparte papiertjie is (genoeg dat elkeen een kan ontvang). Laat almal nou een uit ‘n hoed of houer trek en dan met mekaar deel wat hulle uitdaging vir die week is. Hulle kan ook besluit om dit uit te ruil sodat almal iets haalbaar het (nog ‘n oefening in mededeelsaamheid). Onthou om volgende week geleentheid te gee vir terugvoer oor hierdie uitdagings.

Nog hulpmiddels:

Meer oor Familiegewoontes:
Bestel gerus die boek “Ons huis dien – families leef saam” deur Anriëtte de Ridder en Maartje van der Westhuizen vir nog idees en groepsgesprekke oor Familiegewoontes soos mededeelsaamheid. Dit is die laaste boek in ‘n reeks van 4 en beskikbaar by Bybel-Media:

Huisgeloof-reeks 4: Ons huis dien

Inspirasie video’s oor deel:

Leave a Reply