Erediens: Familiediens

Wenk van die Week 07.02.2021 Gesondheid in die nuwe jaar

By Jun 14, 2021 No Comments

Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Gesondheid in 2021

Leesrooster teks: Markus 1:29-31 (Die genesing van Petrus se skoonmoeder)

Sluit in die erediens aan by die kerkjaar seisoen Epifanie.
Gebruik ‘n groot wit ster en wit / groen lappe en takke of ‘n boom in ‘n pot as uitbeelding van Epifanie. Indien jy graag wil aansluit by die leesroosterteks kan jy die skakel maak tussen Jesus wat genees en ons laat groei!

Gesondheid is belangrik in 2021
Almal is bewus van mense wat siek is of selfs gesterf het – ons gedagtes is by hulle. Ons almal weet ook teen hierdie tyd dat dit belangrik is om hande te was, maskers te dra en afstand te behou sodat ons nie die virus vir mekaar aangee nie. Dit is daarom dat ons ook nie tans fisies bymekaar kan kom nie.

Epifanie se kleur is groen vir groei
Ons herdenk tans die kerkjaar seisoen Epifanie waar ons dink aan Jesus wat mens geword het. Jesus het tussen ons kom woon en vir ons gewys hoe om te lewe en ander te dien. Hy het ook mense gesond gemaak – fisies en geestelik. Hierdie jaar moet ons nie net goeie gewoontes gebruik om fisies gesond te bly nie, maar ook emosioneel en geestelik. Die kerkjaar seisoen Epifanie se simboliese kleur groen herinner ons aan groei en lewe. Net soos ‘n plant moet ons ook gesond bly van binne en buite.

Gesels met mekaar:
Hoe wil jy hierdie jaar groei of dalk iets nuut begin doen (dalk ‘n geloofsgewoonte)?

Gebed:
Bid vir almal wat siek is of swaarkry. Bid vir gesondheidspersoneel. Bid vir mekaar om hierdie jaar te groei en te floreer!

Mag jy tydens Epifanie onthou dat Jesus ons laat groei!

Nuttige skakels:
Die kerkjaar kalender: https://dinkjeug.co.za/kerkjaar-kalender/
Meer oor die kerkjaar: https://dinkjeug.co.za/meer-oor-die-kerkjaar/
Meer oor Epifanie: https://dinkjeug.co.za/meer-oor-epifanie/

Leave a Reply

en_ZAEnglish