Skip to main content
Erediens: KerkjaarKerkjaar

Lydenstyd

By February 28, 2022March 30th, 2022No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Lydenstyd

Verduidelik hierdie Sondag dat die kerkjaar seisoen – Lydenstyd – nou aanbreek en hoe families dit prakties kan vier. Ons gaan oor die volgende paar weke die verskillende simbole van Lydenstyd gebruik, soos ‘n kruis, doringkroon ens. om hieroor te gesels. Steek vandag vooraf al die kerse van die sewekandelaar aan.

Goeie nuus en slegte nuus
Laat almal na mekaar draai en hulle goeie en slegte nuus (lief en leed / soet en suur) met mekaar deel. Vra vir terugvoer in die groot groep en deel vir almal wat iets vertel, ‘n sjokolade uit.

Lydenstyd
Verduidelik dat ons in ‘n nuwe kerkjaar seisoen is – Lydenstyd, die 7 weke voor Paasfees. Maak gebruik van die kerkjaar uitdeelstuk en vertoon dit ook op die skerm. In Lydenstyd dink ons aan Jesus se laaste tyd op aarde en sy lyding. Dit help ons ook om te onthou dat Jesus nie net in die goeie tye en oorwinnings is nie, maar ook in ons swaarkry tye is. Hy verstaan ons uitdagings, Hy reis saam met ons en dra ook ons laste.

Die Sewekandelaar (menora)
Lydenstyd begin met Aswoensdag (dit was verlede Woensdag) en duur 40 dae (Sondae word nie bygetel nie) tot en met Goeie Vrydag. Die sewekandelaar (menora) word gebruik om die tyd af te tel –  een kers meer word elke Sondag doodgeblaas, en op Goeie Vrydag, die laaste kers.

Gebedsritueel
Laat een van die kinders een kers nou kom doodblaas. Laat almal daarna vir mekaar bid en/of vir mense wat siek is of swaarkry in die gemeente.

Moedig hulle aan om dit tuis ook te doen. Hulle kan enige 7 kerse gebruik en dan by ete almal eers aansteek. Blaas dan 1 kers dood (elke week een meer kers). Wanneer ons na die kers(e) kyk wat doodgeblaas is, onthou ons dat Jesus lyding ken en ook by ons (en ander) is wanneer ons swaarkry. Daarom kan ons vir mekaar en ander mense bid.

Meer oor lydenstyd hier: 

Meer oor Lydenstyd

Meer doen idees vir gesinne hier: 

Doen idees vir Lydenstyd en Goeie Vrydag

Laai die kerkjaar kalender hier af: 

Kerkjaar Kalender

Leave a Reply