Skip to main content
Biddae

Andersheid en Biddag vir Dowes

By August 27, 2021April 1st, 2022No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Andersheid (Nasionale Biddag vir Dowes)

Vandag is dit Nasionale Biddag vir Dowes en die tema hierdie week gaan oor hoe om andersheid te omarm. Dit is belangrik dat elke gemeente allerlei tipe mense intensioneel laat welkom voel.

“Blinde-proe”
Doen ‘n blinde-proe met die blokkies sjokolade wat vooraf voorberei is met vreemde name op, byvoorbeeld “modderballetjies gegeur met padda slym”. Kry vooraf verskillende ouderdom persone om aan die proe deel te neem in die erediens. Kyk of die deelnemers kan uitwerk watter tipe sjokolade elkeen is. Gesels oor hoe die plakkers met vreemde name hulle proe beïnvloed het.

Unieke smake en vreemde etikette
Maak die punt dat ons soms vir mense etikette of labels gee of in mense se etikette/uiterlike verskille vaskyk in plaas daarvan om elkeen se unieke smake (innerlike eienskappe) te leer ken. Dink byvoorbeeld daaraan hoe ‘n mens soms ‘n bedelaar, ‘n bekende persoon, ‘n gestremde persoon, ‘n kind, ‘n persoon van ‘n ander geloof ensovoorts anders hanteer as iemand wat soos jy lyk of uit soortgelyke omstandighede as jy kom.

Gespreksvraag: Watter label het jy al gekry, of aan ander mense gegee?

Uitdaging: Hoe kan ons hierdie week mense wat anders is as ons, beter leer ken?

Videogreep om te wys: Hierdie mense het gedink hulle het min in gemeen omdat hulle arm/ryk en jonk/oud is…

Nasionale Biddag vir Dowes: Video met lied en gebaretaal

Leave a Reply