Skip to main content
Biddae

Biddag vir Bejaardes

By September 27, 2021September 22nd, 2023No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Biddag vir Bejaardes

Hierdie Sondag is dit Biddag vir Bejaardes. Gebruik die tyd in die erediens om almal te herinner dat almal (oud en jonk) welkom is by Jesus en daarom ook in die erediens.

Leer ken mekaar
Roep die kinders na vore en gee hulle ‘n vraag om te gaan vra aan bejaarde persone in die banke. Onthou dat kinders dink almal oor 40 is oud – so help hulle deur die persone bo 60 jaar (of 70 jaar) te vra om hande op te steek. Hulle moet eers hulleself (kinders en bejaardes) aan mekaar voorstel. Kinders moet vertel wat hulle graag speel / doen en dan ook uitvind watter speletjies die bejaardes gespeel het toe hulle ‘n kind was. Vra dan weer dat die kinders kom terugvoer gee aan jou voor in die kerk.

Onderhoud met ‘n bejaarde
Nog ‘n idee is om die uitdeelstuk af te rol en met penne aan bejaardes uit te deel om in te vul. Elke kind kan dan ‘n bejaarde persoon gaan ontmoet deur die onderhoud te voer of die ingevulde uitdeelstuk by hulle gaan haal. Maak seker hulle ken mekaar se name. Hierdie kan deur kinders en tieners gedoen word. Laat hulle dan van hierdie antwoorde voor in die kerk deel.

Bid vir bejaardes
Laat almal bid vir bejaardes in die gemeente (asook hulle familie / bure) deur ‘n paar gebedswenke vir hulle te gee, byvoorbeeld bid vir bejaardes wat eensaam is / geliefde aan die dood afgestaan het / wie se kinders ver bly / wat siek is ens.

Leave a Reply