Erediens: KerkjaarKerkjaarVakansie- en spesiale dae

Lydenstyd (olie) en Danksegging

By Mar 25, 2022 Mar 31st, 2022 No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Lydenstyd (olie) asook Dag van Danksegging en Verootmoediging

Ons vier tans die kerkjaar seisoen Lydenstyd en gebruik elke week ‘n ander simbool om hieroor te gesels. Vandag gesels ons oor Jesus se salwing (olie). Onthou om vandag ‘n vyfde kers dood te blaas van die sewekandelaar.

Ons vier ook vandag Dag van Danksegging en Verootmoediging in die kerk.

Hulpmiddels
Dinge wat lekker ruik bv. kaneel, kruisement blare, rose, koffiebone, vars kruie, seep, ensovoorts asook ‘n botteltjie lekkerruik olie.

Reuke en goeie herinneringe
Wys die verskillende items wat lekker ruik (jy kan selfs ‘n paar mense daaraan laat ruik) en vra elkeen moet ‘n reuk kies wat hom/haar dadelik aan ‘n goeie herinnering laat dink bv. kaneel laat my dink aan my ouma se pannekoeke.

  • Laat hulle hulle stories met mekaar deel.

Lekkerruik olie
Gebruik hier dalk ‘n uitbeelding op PowerPoint. Verduidelik dat in die Bybelse tyd die geur van lekkerruik olie jou herinner het aan iemand belangrik, want konings of belangrike mense is met duursame olie gesalf. Maar dit het hulle ook herinner aan iets hartseer -– iemand se begrafnis. Jesus is in die week voor sy dood gesalf met olie – dit was aan die een kant om Hom te aanbid en eer as Koning, maar aan die ander kant ook ‘n teken daarvan dat Hy voorberei word op sy dood. Hy is die Koning wat sy lewe gee vir sy volgelinge.

Dag van Danksegging en Verootmoediging
Verduidelik dat dit ‘n spesiale dag in die kerk is waar ons nederig kniel voor Jesus, ons lewe aan Hom oorgee en vir Hom dankie sê. Moedig almal aan om hulle hande met die palms na bo op hulle skoot te sit (of selfs te kniel) as ‘n teken van oorgawe terwyl hulle dit doen in gebed.

Uitdaging van die week – Elke dag hierdie week wanneer jy was met seep of deodorant / lekkerruik goed gebruik, sê vir Jesus dankie vir iets.

Nog idees vir kinders:

https://kixkinders.co.za/wp-content/uploads/2018/02/Ontmoeting_5_Maria_salf_Jesus_se_voete_v2.pdf

Leave a Reply

en_ZAEnglish