Skip to main content
Erediens: Kerkjaar

Epifanie: Fees van die Lig

By March 29, 2022No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema:  Epifanie – Fees van die Lig

Gebruik die volgende fisiese simbole in die erediens om aan kinders (en volwassenes) die betekenis van Epifanie te verduidelik:

Tydens dié kerkjaar seisoen herdenk ons Jesus se lewe op aarde tot voor sy lydenstyd.

  • Ster: In sommige kerktradisies begin Epifanie op 6 Januarie met die viering van die koms van die wyse manne wat die ster gevolg het tot by baba Jesus. Die ster herinner ons daaraan dat Jesus se koms lig vir al die nasies gebring het.
  • Groen takkies: Naas wit (vir die ster) is groen die simboliese kleur van Epifanie wat ons herinner aan groei en nuwe lewe.
  • Kers of lampie: In hierdie tyd dink ons daaraan dat Jesus die lig is vir al die nasies.

Voeg opsioneel by:

  • Bybel: Jesus gebruik ook die Bybel om vir ons lig te gee vir ons pad (Ps 119: 105)
  • Flits en batterye / selfoonlaaier: Ons moet ook ons lig laat skyn en daarom ingeprop / vol gelaai bly by God se Gees.

Familie / gemeente gesprek:

  • Waarvan (kleur of simbool ens.) hou jy in die seisoen van Epifanie?
  • Hoe wil jy hierdie jaar groei of nuut begin, dalk met ‘n nuwe geloofsgewoonte?

 

Nog hulpmiddels:
Die kerkjaar kalender kan hier gevind word:
https://dinkjeug.co.za/wp-content/uploads/2020/07/DinkJeug-Kerkjaarkalender.pdf

Meer oor Epifanie

Leave a Reply