Skip to main content
BiddaeVakansie- en spesiale dae

Bid en Dankdag; Werkersdag

By June 14, 2021March 31st, 2022No Comments

Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Sinodale Bid en Dankdag; Werkersdag

Vandag is die Sinodale Bid en Dankdag en die wenk gaan oor gebed en danksegging.

Dit is ook Werkersdag op 1 Mei, en daarom fokus ons spesifiek daarop om vir die verskillende “werkers” of groepe in julle gemeenskap te bid, byvoorbeeld boere en plaaswerkers, mediese personeel, onderwysers, ens. en vir God dankie te sê vir die rol wat Hy in hulle lewens en konteks gespeel het die afgelope jaar.

Gesprek: Waarvoor is jy dankbaar vir die afgelope jaar?

Gebed speletjie*:  Almal kies ‘n nommer tussen 1 en 6, en bid daarna in klein groepies vir die verskillende persone / groepe wat op die skerm verskyn ooreenstemmend met die nommer wat hulle gekies het: (pas die groepe aan vir julle gemeente se konteks)

  1. Onderwysers en dosente – dankie Here, dat hulle die ekstra myl geloop het met ons kinders se opvoeding.
  2. Mediese personeel – dankie vir U beskerming en krag wat hulle gedra het.
  3. Besighede en fabrieke – eienaars, bestuurders en personeel – te midde van afleggings, tekorte en bekommernisse het U op soveel maniere voorsien.
  4. Boere en plaaswerkers – dankie dat U hoop bring te midde van droogte en ander uitdagings.
  5. Gasvryheid en toerisme personeel – dankie vir uitkomste en ondersteuning te midde van groot druk.
  6. Beskermingsdienste – dankie vir U groot hand van beskerming oor elkeen.

*Hierdie kan ook fisies uitgedeel word of elektronies uitgestuur word aan huishoudings om met ‘n dobbelsteen tuis te “speel en bid”.

Leave a Reply