Skip to main content
Erediens: Kerkjaar

Epifanie – Jesus is Koning (simbool: die ster)

By January 5, 2022March 30th, 2022No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Epifanie – Jesus is Koning! (simbool – die ster)

Hierdie week vier ons Epifaniefees en dit is ook die begin van die kerkjaar seisoen Epifanie.

Benodigdhede
Maak vooraf ‘n uitstalling vir Epifanie met groen en wit lappe en groen takke. Sit gerus die jaartal 20xx by. Voeg vandag in die erediens ‘n ster by die uitstalling. Jy sou ook goue sterre aan die kinders kon uitdeel, of hulle sterre laat maak om huis toe te neem of aan ‘n tak/boom in die kerk te hang.

Inleiding: ‘n Nuwe jaar, ‘n nuwe seisoen

Gesels: Laat almal vir mekaar voorspoedige nuwejaar toewens en vir mekaar vertel waarna hulle uitsien in die nuwe jaar.

Dit is ‘n nuwe jaar, maar in die kerk vier ons ook die begin van ‘n nuwe seisoen.  Die kerk het ook ‘n kalender – met seisoene en feeste soos Advent of Kersfees. Dit word die kerkjaar genoem. Ons vier vandag die begin van Epifanie, die Epifaniefees. Dit word meestel in Ortodokse, Katolieke en Anglikaanse kerke gevier, en daarom is dit die mees onbekendste seisoen vir ons.

Wat is Epifanie?
Tydens Epifanie herdenk ons die verskyning van God in die wêreld – Jesus se koms is ‘n sigbare teken van God se teenwoordigheid op aarde. In Epifanie dink ons aan Jesus se lewe vanaf sy kinderdae tot en met Sy lydenstyd. Epifanie se simboliese kleure is wit (vir lig) en groen (vir groei) – verwys na die uitstalling.

Die simbool van die ster
In sommige kerktradisies begin Epifanie 12 dae na Kersfees op 6 Januarie met die viering van die koms van die wyse manne wat die ster gevolg het tot by baba Jesus (ook genoem Drie Koningsdag). Die Betlehem ster herinner ons daaraan dat Jesus die koning van die hele wêreld is en dat sy koms lig vir al die nasies gebring het. Plaas nou die ster by die uitstalling.

Gesels:

  • Wat beteken dit vir jou aan die begin van ‘n nuwe jaar dat Jesus jou koning is?

Uitdaging – vertel vir iemand wat nie in die erediens is nie, wat Epifanie beteken en maak ‘n uitstalling in julle huis wat die simbole van Epifanie uitbeeld.

Video oor hoe om ‘n ster te maak

Nuttige skakels:

Die kerkjaar kalender: https://dinkjeug.co.za/kerkjaar-kalender/

Meer oor die kerkjaar: https://dinkjeug.co.za/meer-oor-die-kerkjaar/

Meer oor Epifanie: https://dinkjeug.co.za/meer-oor-epifanie/

Leave a Reply