Skip to main content
Familiegewoontes

Familiegewoontes 1: Omgeegesprekke

By August 1, 2021March 31st, 2022No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Familiegewoontes 1: Omgeegesprekke

Hierdie week is die eerste in ‘n reeks van 4, waar ons gesels oor familiegewoontes wat ons help om goeie verhoudings te kweek. Al word dit by die huis ingeoefen, geld dit nie net vir gesinne met kinders nie, maar vir die hele gemeente wat ook saam ‘n “huisgesin” is. Familiegewoontes is die onderbou vir die vorming van geloof, aangesien dissipelskap binne verhoudings gebeur. Vandag gesels ons oor omgeegesprekke.

Emoji speletjie
Speel ‘n kenmekaar speletjie in die erediens of fasiliteer dit in ‘n aanlyn erediens.

Emoji speletjie – daar is 217 nuwe emojis wat in 2021 uitgekom het, waarvan die 5 bekendste gesig-emoji’s die volgende is:

  • Gesig wat sug / uitblaas
  • Gesig deur die mis / in die wolke
  • Gesig met spiraal oë
  • Seer hart / hart wat verbind is
  • Brandende hart

Gesels: Elkeen kies ‘n emoji wat jou tans die beste beskryf en vertel hoekom. Jy kan self oor die betekenis van die emoji prentjie besluit.

Storie
Vertel as prediker van ‘n keer toe jy ‘n lekker omgeegesprek gehad het, byvoorbeeld in ‘n motor op pad met vakansie of op die stoep van jou grootouers se plaashuis.

Omgeegesprekke
Omgeegesprekke is seker een van die belangrikste bestanddele vir ‘n familie en ‘n gemeente se geluk en opbouende saamwees. Dit skep ‘n ruimte waarin almal welkom voel en elkeen gelyke praatkans kry. Dit laat jou tuis voel en bou vertroue, sodat ons ook dieper kan deel en geloofsgesprekke kan hê. Effektiewe kommunikasie begin met empatie en die vermoë om goed te luister.

Gespreksvrae in die banke:

  • Dink aan ‘n keer toe jy gevoel het iemand luister regtig na jou. Hoekom het jy so gevoel?
  • Hoe kan jy / julle as gesin beter omgeegesprekke hê?

Leave a Reply