Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Paassondag – Jesus se opstanding
Vandag vier ons Paasfees. Christene herdenk vandag in alle kerke wêreldwyd Jesus se opstanding – die hoogtepunt op die kerkjaar kalender.
Groet mekaar
Baie Christene kom reeds met sonsopkoms bymekaar soos die vroue wat vroegoggend na die graf toe is. Kom ons groet mekaar vanoggend, soos Christene dit wêreldwyd doen, met die woorde: “Christus het opgestaan” en dan antwoord die ander persoon “Christus het waarlik opgestaan.”
Die Paasverhaal
Bou vandag ‘n “tuintjie” met ‘n leë graf tydens die erediens terwyl jy die gebeure van Jesus se kruisiging en opstanding hersien. ‘n Paar kinders sou kon help daarmee. Sien die aangehegte foto as ‘n voorbeeld (Met erkenning aan Almarie Olckers van NG Parowvallei-Oos).
Benodigdhede:
- groot bak met grond in
- palmboompie (as jy wil verwys na Palmsondag)
- plastiekhouer of koppie vir die graf
- 3 kruise van stokkies gemaak
- los klippies
- groot klip (moet die “graf” se opening kan toemaak
- plantjies of blommetjies om die tuin voor te stel
Plaas in die graf ‘n papiertjie met die woorde – Jesus is nie hier nie, Hy het opgestaan!
Uitdaging – Almal moet ook tuis só ‘n tuintjie gaan maak!
Gesels in die banke – Hoekom moes Jesus opstaan uit die dood? Of wat beteken Jesus se opstanding vir jou?
Paaseier simboliek
Deel paaseiers uit en vertel: Sjokolade eiers dui op die leë graf (hol eiers/eierdoppe) en die klip voor die graf. Eiers en kuikens dui ook op die opstanding (nuwe lewe). Die soet sjokolade herinner ons hoe lekker dit is om Jesus se kind te wees!
——————————————————————————————————-
PAASFEES HULPMIDDELS
Paasfees ontmoeting en uitdeelstukke:
https://kixkinders.co.za/wp-content/uploads/2017/01/Ontmoeting_7_Kruisiging_en_Opstanding.pdf
Video: Die storie van Paasfees (5min21)
Idees om Paasfees te vier: https://dinkjeug.co.za/idees-om-paasfees-te-vier/
Vier as familie Goeie Vrydag: https://dinkjeug.co.za/vier-as-familie-goeie-vrydag/
Paasfees skattejag: https://dinkjeug.co.za/paasfees-skattejag/
Nog Paasfees idees op DinkJeug se webtuiste: https://dinkjeug.co.za/lydenstyd-paasfees/