Is jy blou, rooi, groen of geel? Watter van die volgende beskryf jou die beste?

Rooi:
Groen:
Geel:
Blou is die KOP spiritualiteit:
Hulle wil kennis hê en feite oor geloof. Hul wil weet wat die antwoorde is en wil deur logika en duidelike beredenering besluite maak oor God. Hulle wil antwoorde uit die Bybel hê en ervaar God deur na te dink oor Hom en meer te leer oor Hom. Hulle ervaar God deur hulle intelek en rede. Helder en duidelike WAARHEDE is vir hulle belangrik. Hulle sal veral hou van Bybelskool, persoonlike Bybelstudie, preke gefokus op kennis, gebed, ens.
Rooi is die HART spiritualiteit:
Hulle wil God se liefde en nabyheid ervaar in hul verhouding met God en ander mense. Hul wil God beleef en wil hul geloof uitleef saam met ander mense. Hul leer baie van God deur hul eie ervarings en getuienisse van ander. Hulle ervaar God deur hulle emosies en die ervaring van warmte. Persoonlike VERHOUDINGS is vir hulle baie belangrik. Hulle sal veral hou van omgeegroepe, groepaktiwiteite, getuienisse oor wonderwerke en geestelike groei, lof en aanbidding, ens.
Groen is die HAND spiritualiteit:
Dit is mense vir wie dit belangrik is om goed te doen vir God, om prakties hul geloof te leef en te sien dat dit ‘n alledaagse verskil maak. Hul ervaar ook God deur dinge te doen en aktief betrokke te wees by aktiwiteite of projekte. Hulle het ‘n passie vir geregtigheid. COMMITMENT is vir hulle belangrik. Hulle sal veral hou van uitreike, praktiese take in die gemeente, noodverligting projekte, getuienisse oor uitreike en die kerk se betrokkenheid by sending of nood.
Geel is die VLAM spiritualiteit:
Hulle is gemaklik om te gesels oor onsekerhede en teenstrydighede mbt tot geloof en ervaar God deur dinge te bevraagteken en deur stilte en alternatiewe maniere van aanbidding. ontsag, skoonheid, stilte en MISTERIE is vir hulle belangrik. Hulle sal veral hou ruimtes waar daar eerlike vrae gevra kan word en sal veral vir God ervaar in die natuur, deur gereelde nadenke en die gebruik van rituele en simboliek in die eredienste.
Besprekingsvrae:
- Hoe help dit jou om jou konneksie met God beter te verstaan?
- Hoe help dit jou om ander te verstaan?
- Watter ruimtes skep jou gemeente vir jou tipe spiritualiteit?
- Kan jy dink aan ‘n geleentheid waar jy huis gegroet het buite jou gemaksone of tipe?
Geskryf deur Anriëtte de Ridder