Gebruik sport as metafoor om geloofsgewoontes te verduidelik:
Geloofsgewoontes is dinge wat ons gereeld doen om in ons geloof te groei. Geloofsgewoontes help ons om God se teenwoordigheid in ons daaglikse lewe raak te sien en dit met mekaar te deel. Daar is baie geloofsgewoontes, soos vas, mediteer en geloofsreise, maar daar is ook alledaagse gewoontes wat ’n gesin maklik saam kan doen.
Sport is vir die meeste gesinne ’n maklike metafoor om te gebruik wanneer hulle oor geloofsgewoontes nadink.
Almal weet hoe opbouend sport vir ’n mens kan wees, maar ook dat dit gereelde inoefening verg. ’n Spansport vra boonop van ons dinge soos spanwerk en kommunikasie. ’n Span wat aan wedstryde deelneem, weet ook hoe belangrik ’n wedstrydplan en hersteltyd is.
Geloofsgewoontes is baie soos sport in dié sin dat dit ons help om ons geloof te be-“oefen” – en dit laat ons groei. Geloofsgewoontes wat saam gedoen word, help ons om by mekaar te leer en mekaar te help.
In die eerste boek “Ons oefen saam”, in die huisgeloofreeks van Bybelmedia, is daar 9 ontmoetings oor 9 alledaagse geloofsgewoontes wat gesinne kan beoefen:
- Ons spanpraatjies – hoe om saam gereelde gesprekke oor geloof te hê
- Ons wedstrydplan – hoe om saam Bybel te lees
- Ons kommunikasie – hoe om saam (en kreatief) te bid
- Ons spanwerk – hoe om saam dienstbaar te leef
- Ons oefentyd – oor kerkbywoning en gemeente deelname
- Ons sportmangees – hoe om dankbaar te leef
- Ons wedstrydtyd – hoe om ‘n verskil te maak in die wêreld
- Ons hersteltyd – oor die belangrikheid van rus
- Ons spankreet – hoe om geloofsritueel te gebruik
Bestel dit gerus by http://eshop.bybelmedia.org.za/product/huisgeloof-reeks-ons-huis-oefen/
Geskryf deur Maartje van der Westhuizen en Anriëtte de Ridder