Skip to main content
Ouerleiding

Wat is die impak van Tegnologie op Kinders?

By September 18, 2018No Comments

Toegerus vir die Toekoms

Tegnologie kan positief wees om verskeie redes, onder andere:

  • Kinders en jongmense het a.g.v. tegnologie toegang tot soveel meer informasie en is daarom ook beter ingelig en meer kreatief.
  • Tegnologie kan verhoudings versterk en konneksie verhoog.
  • Dit kan ‘n hulpmiddel wees, byvoorbeeld vir kinders met spesiale behoeftes.

Tegnologie kan ook egter negatief wees, veral te veel tegnologie-tyd of “skerm-tyd”:

  • Dit kan allerlei gesondheidsprobleme veroorsaak a.g.v. groter passiwiteit.
  • Dit kan lei tot ontwikkelings probleme soos laer taal vlakke, verminderde empatie vlakke end gebrekkige sosiale vaardighede.
  • Te veel tegnologie (blou lig skerm tyd) en tegnologie saans kan lei tot onvoldoende slaap wat lei tot laer konsentrasie vlakke en swakker emosionele self-regulering.
  • Hoe meer blootstelling aan tegnologie, hoe groter is die potensiële blootstelling aan ontoepaslike inhoud soos “sexting” of pornografie.
  • Daar bestaan ook groter kans dat kinders (en volwassenes) verslaaf kan raak aan tegnologie (juis omdat dit die brein se behoefte aan nuwe en verrassende dinge, vervul).

10 Wenke vir ouers / opvoeders:

  1. Bestuur die hoeveelheid tegnologie-tyd per dag en per week. Die algemene riglyn is geen skerm-tyd voor 3 jarige ouderdom nie, 1 uur per dag maksimum vir voorskoolse kinders, nie meer as 4 ure per dag vir kinders en ouer kinders nie (onthou dat dit alle tipe “skerm-tyd” insluit).
  2. Gee so laat as moontlik vir jou kind ‘n selfoon, en beperk internet tyd (maak seker daar is toesig en dat jy weet wat jou kind kyk).
  3. Verseker jou kind / tiener kry genoeg kwaliteit slaap (geen skerm tyd 60 minute voor slaaptyd nie. Daar moet ook geen selfone wees wat in slaapkamers herlaai nie, omdat die flikkerende lig van “notifications” of inkomende boodskappe, onbewustelik ‘n mens se REM slaap-siklus versteur).
  4. Beplan weeklikse / daaglikse tegnologie vrye tye vir die hele gesin.
  5. Gesels oor die permanensie van ‘n mens se digitale voetspoor (niks wat jy “post” kan uitgewis word nie).
  6. Maak seker jou kind kry genoeg oefening en kom gereeld in die natuur.
  7. Help jou kind om tyd te maak vir sosiale “gesig tot gesig” interaksie.
  8. Leer jou kinders om respek te hê vir jouself en ander ten alle tye.
  9. ‘n Goeie verhouding met jou kind / tiener is NOODSAAKLIK sodat julle vrymoedig kan gesels oor uitdagings.
  • Wees as ouer / opvoeder self ook ‘n voorbeeld!

Opgesom deur Anriëtte de Ridder…na aanleiding van die aanbieding deur Hugo Theron (kliniese sielkundige) oor die impak van tegnologie op kinders. Hy het opgetree by die Kinderkonferensie met die tema “Toegerus vir die Toekoms” gehou in September 2018 te Kuilsrivier, Kaapstad.