Skip to main content
Familie Netwerk

VERTEL STORIES SAAM – Hoe kan geleenthede skep waar generasies vir mekaar stories kan vertel? (deel 4)

By April 12, 2018No Comments

Gesprek notas opgestel deur Stephan Naudé by die Familie-Netwerk byeenkoms gehou 23 November 2017.

Vanuit “Becoming Intentionally Intergenerational” – John Roberto

Vertel stories saam

Hoe kan verskillende generasies (ouderdomme) vir mekaar stories vertel en uit mekaar se ervarings leer?

Beginsels om te onthou

  • Mense verskil – nie almal gesels ewe spontaan nie
  • Almal leer by almal – nie een persoon of groep beskik oor al die antwoorde nie, maar almal kan bymekaar leer.
  • Die uitdaging is om ruimtes te skep wat “gelyk” is met ander woorde niemand het “mag” in die ruimte nie, almal kan ontspan en ewe maklik deelneem aan die gesprekke. Hierdie is ‘n groot uitdaging vir volwassenes, veral diegene wat glo dat kinders “gesien, maar nie gehoor mag word nie”.
  • Leer almal om werklik te luister na mekaar
  • Wees sensitief oor die vrae, neem alle vrae ernstig op en skep ‘n veilige atmosefeer waar vrae verwelkom word.
  • Inter-generasioneel is meer as familiebediening. Mense kry ook geleentheid om met ander mense buite gesinsverband verhoudings te bou.
  • Om te leer is nie net om vrae te beantwoord nie, dit is om deel te neem aan die erediens of te deel aan die sakramente (deel uit).
  • Mense moet gemaklik voel en nie gedwonge nie.

Stories

Een gemeente vertel dat hulle die kindermoment anders begin benader het. Die kinder moment in die erediens sien hulle nou as ‘n geleentheid waarin mense stories kan deel. Dit kan gebeur dat kinders net inligting/feite geleer word en nie deel aan die ruimte nie. Bv. Kinders leer ’n vers en indien hulle dit kan opsê kry hulle prys. Hierdie gemeente het egter intensioneel besluit om die fokus te verskuif na deelname en gewoontes eerder as  om op “vrae en antwoorde” klem te lê.

‘n Ander predikant vertel dat een keer ’n maand die gemeente saam braai op ‘n Vrydagaand. Enige iemand van enige ouderdom kan kom saam braai en ’n selgroep vat om die beurt verantwoordelikheid vir die vuurmaak en skoonmaak reëlings.

Nog idees

Vra oop vrae sodat almal kan deelneem.

‘n Eerste skuif wat ‘n gemeente kan maak is om gewoontes in ‘n gemeente te vestig eerder as om te fokus op die “praat” gedeelte van kuier, – Bv. Kinders deel blommetjies uit en mense kom sò nader aan mekaar.

‘n Tweede skuif is dat kinders hulle ervaringe / stories deel met volwassenes of ouers byvoorbeeld Kinders maak Advent simbole (buite die erediens) en hang dit aan kersboom (saam met volwassenes) tydens erediens op.

‘n Derde skuif is om ouers / volwassenes in “kinder ruimtes” in te nooi en kinders toe te rus om te deel wat hulle by God geleer het, byvoorbeeld ouers kom na die kamp of uitreik saam met die kinders byeen om te hoor wat die kinders geleer / ervaar het.

Laat die gemeentelede stories vertel in die erediens, byvoorbeeld tydens ‘n ekologie diens kan almal ‘n storie vertel van hul geliefkoosde boom.  Die moment van “storie vertel” kan voor of na die preek wees. Indien dit voor die erediens kan dit ’n storie wees. Na die preek fokus op praktiese uitstuur.

Bid vir mekaar, seën mekaar.

Steek kerse aan tydens die erediens en kategese – deel ’n momente (nie noodwendig inhoud nie).

Laat mense nommers uit ‘n hoed of lekkertjies van verskillende kleure trek uit ‘n hoed. Elkeen moet dan die vraag ooreenstemmend met die nommer/ kleur antwoord.

Lees gerus die hele artikel van John Roberto by http://www.intergenerationalfaith.com/uploads/5/1/6/4/5164069/becoming_intentionally_intergenerational_-_roberto.pdf