Ons wys jou graag op ʼn paar kursusse wat in die volgende weke plaasvind:
ʼn Eendag-konferensie spesiaal vir vroue in die bediening (waarmee jy VBO-punte kan verdien),
2 VBO-kursusse – een oor Menswaardigheid en vriendskappe oor grense; en ʼn ander oor die bediening van verskillendende generasies in EEN ruimte;
asook 2 retraites … :
10 Aug 2017 vanaf 09h00 | Vroue in die Bediening eendag-konferensie | Alle vroulike jeugwerkers, proponente, dosente en predikante van die NG Wes-Kaapland sinode en VGK Kaapland sinode:
Kom geniet ‘n dag van netwerk en toerusting ter viering van Reformasie 500. Waar? Hofmeyrsaal, Stellenbosch Moeder Koste? R150 Sluitingsdatum: 7 Augustus 2017 Kontakpersoon: Ankia du Plooy by[email protected] |
VBO-punte word aangevra |
23 – 24 Aug | Loop Saam | Hierdie kursus is spesifiek ontwikkel vir die reis op pad na heling tussen die vier kerke as deel van die Seisoen van Menswaardigheid se strategie om die herstel van menswaardigheid in Suider-Afrika te bevorder. Die doel van die kursus is om mekaar te help in die ontwikkeling van volhoubare vriendskappe oor grense.
Skryf in voor 16 Aug. Aanbieders: Colin Goeiman en Hannes Theron |
VBO-punte: 20 |
6-7 Sep | Intergenerasionele jeugbediening | Daar is ruimtes in ons gemeentes wat aan volwassenes behoort (“adult centred spaces”) en dan is daar ruimtes waar daar op kinders gefokus word (“child centred spaces”). ʼn Intergenerasionele bediening skep ruimtes waar generasies SAAM bedien kan word, almal verwelkom word, almal die ruimte beïnvloed en almal mekaar kan beïnvloed…
Aangebied deur Anriëtte de Ridder e.a. Skryf in voor 30 Aug. |
VBO-punte: 20 |
Dan is daar ook 2 retraites wat deur die Sentrum vir Geloofsvorming plaasvind, wat ons namens hulle onder jou aandag bring.
Jy kan Annie Roux kontak – tel 078 668 0815/ [email protected] vir meer inligting of om in te skryf. (Jy kan wel ook hiervoor VBO-punte verdien.)
21-24 Aug | Geloofsreis 3 : Die Innerlike Reis | Selfkennis is van kardinale belang vir Geloofsvorming… | |
18-21 Sep | Geloofsreis: Verdere Reis 2 | Hierdie retraite se titel is In die oomblik en word aangebied deur Willem Nicol. In die oomblik is ook die titel van Willem se nuutste boek… |