Skip to main content
Vakansie- en spesiale dae

Valentynsdag

By June 14, 2021January 18th, 2023No Comments

Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Harte wat skyn met liefde

Sluit in die erediens aan by Valentynsdag (liefde en harte). Gebruik gekleurde harte en ’n speletjie om gesprek te ontlok.

Valentynsdag
Op 14 Februarie vier baie mense Valentynsdag – waar hulle hulle liefde vir ander mense verklaar. Dalk beplan julle ook om dit te vier en ’n kaartjie of boodskap vir iemand te stuur? As gelowiges, weet ons dat liefde nie net gaan oor romantiese liefde nie, maar oor veel meer. God wys vir ons deur Jesus dat ons ander mense, ongeag wie hulle is, ook moet liefhê. Jesus skyn ’n lig in ons harte, sodat ander deur ons liefde, omgee, vriendelikheid en diensbare dade kan sien wie God is.

God se liefde
God wil jou herinner dat Hy vir jou baie lief is en dat Hy ook saam met jou gaan. Hy sal jou ook help om lief te wees (om om te gee en ‘n goeie maat te wees) vir ander mense. Hy vul ons harte met liefde, sodat ons vriendelik kan wees en sy lig kan laat skyn.

Harte gesprek speletjie (hiervoor is daar ook ‘n PowerPoint beskikbaar)
Maak vooraf ’n rooi, oranje, geel, groen en blou hart en hang dit agter jou op. Vra vir elkeen wat na jou uitsending kyk om ’n kleur te kies (rooi, oranje, geel, groen of blou). Vertoon daarna op die skerm (of lees) die vraag wat by elke kleur pas. Elkeen moet die vraag beantwoord wat by die kleur pas wat hulle vooraf gekies het. Hulle vertel dan aan mekaar die antwoorde (in gesinsverband) deur die preekvideo te pause.

  • Rooi hart – watter vriende sien jy uit om weer te sien?
  • Oranje hart – hoe kan jy hierdie week ‘n vreemdeling laat welkom voel?
  • Geel hart – vertel van iemand wat vriendelik was met jou die afgelope week?
  • Groen hart – op watter manier kan jy liefde wys sonder woorde, net met dade?
  • Blou hart – waaroor is jy bekommerd of bang vir 2021?

Wenke en Idees
Idees vir Valentynsdag om met ouers te deel:

Hierdie kort animasie video vertel vir kinders waar Valentynsdag vandaan kom: https://youtu.be/JdKZepHMFWE

Leave a Reply