Skip to main content

Wonder jy oor idees vir aktiwiteite met Valentynsdag? Dink jy dis te moeilik vir die kleintjies om te verstaan en te ongemaklik vir die tieners?

Kyk dan hier na ‘n paar idees… 

Volg die skakels hieronder om die lesse te sien.

Vir jong kinders:

Love Butterflies 1

Love Butterflies 2

Christian Valentine ideas for toddlers and preschoolers

Valentine Scripture Flowers

Hartjies vir stokkielekkers

Die grootste liefde is nie op Valentynsdag bewys nie

John 3:16 poster

Vir tieners:

Youth Group Lesson 1

Youth Group Lesson 2

Nog idees vir tieners: Gee vir elkeen by die deur ‘n halwe hart met ‘n naam op. Voordat die byeenkoms begin, moet hulle die persoon vind wat die naam vashou wat hulle twee ‘n famous couple sal maak.

Maak ‘n lys van wat liefde is, en wat net “ek hou van” is. Maak ‘n lys van Bybelverse wat oor liefde of harte praat. Gesels oor die storie van St. Valentyn. Maak lysies van die beste of swakste love songs ooit.

Nog iets om oor te dink en te gesels: almal van ons is op soek na die “een”. . .  Maar God is die Een. Hy is die Een wat ons eerste liefgehad het. God is ons eerste liefde, ons is syne! So ons kan verligting hê dat ons reeds geliefd is – ons soek dus eintlik na ‘n nommer 2.

Verder is ons klem nie daarop om die regte persoon te soek en te kry nie, maar om die regte persoon te wees, en daarvoor kry ons die riglyne in God se Woord. As ons die regte persoon vir mense om ons is, sal ons makliker die persoon wat by ons pas toelaat om ons te vind en raak te sien.