Skip to main content

‘n Vakansieprogram van vyf dae oor die storie van Josef

Agt gemeentes in die Ooste van Pretoria en Centurion het saam gewerk aan ‘n vakansieprogram in ‘n boks. Die gemeentes is: Valleisig, Stellastraat, Elarduspark, Doringkloof, Lyttelton-Oos, Lyttelton-Moeder, Monumentpark en Pierre van Ryneveld. 

Geskik vir kinders vanaf kleuters tot Graad 6.

Die kinders gaan hierdie vakansie saam met Joe ‘n pad stap. Joe wonder watter waardes is belangrik in ‘n mens se lewe. En daarom kyk hy oor vyf dae na die verhaal van Josef en dus vyf waardes wat ons uit Josef se lewe kan leer.

In die video bied Joe ‘n kort inleiding vir die tema aan en daar is ook ‘n poppekas! Vir elke dag is daar ‘n craft aktiwiteit vir die verskillende ouderdomme en in die video word daar ook gewys hoe om dit te doen. Laastens is daar ook ‘n voorstel van een speletjie wat die kinders kan speel of wat julle as gesin saam kan doen.

Ons droom en hoop is dat hierdie boks jou as ouer kan help om iets kreatief, sinvol en geloofsvormend met jou kind te kan doen vir vyf dae.

Die video’s is hier beskikbaar:

Die PDF boekies met crafts en speletjies kan hier afgelaai word:

KLEUTERS crafts en speletjies

Gr 1-3 crafts en speletjies

Gr 4-6 crafts en speletjies

Gemeentes wat die boks self wil pak – waar begin ons?

Die craft items kan deur gemeentes aangekoop en in bokse verpak word. Onthou net om die video skakel aan die ouers te stuur, want daarin word verduidelik hoe om die craft te doen. Ouers kan natuurlik ook self die items aankoop (hul benodig dan net die PDF boekie volgens die ouderdom en skakel na die video’s). Die crafts is uitgewerk volgens die verskillende ouderdomme en ons beveel sterk aan om die regte soort ouderdomsboks te gebruik.

Kry al die nodige inligting hier:

Wat moet ons druk?

Wat om te druk

Finaal Speletjies 1x per boks

KLEUTER UITDEELSTUK 1
KLEUTER UITDEELSTUK 2
KLEUTER UITDEELSTUK 3

GRAAD 1-3 UITDEELSTUK 1
GRAAD 1-3 UITDEELSTUK 2
GRAAD 1-3 UITDEELSTUK 3

GRAAD 4-6 UITDEELSTUK 1
GRAAD 4-6 UITDEELSTUK 2
GRAAD 4-6 UITDEELSTUK 3

Wat moet ons aankoop?

AANKOOP NOTAS
LYS AANKOPE
Beplan aankope hoeveelhede uitwerk

Aankope Kleuters
Aankope Gr 1-3
Aankope Gr 4-6

Checklist Pak Kleuters
Checklist Pak Gr 1-3
Checklist Pak Gr 4-6

Leave a Reply