#Imagine Ignite, is toerustingsessies wat landswyd gehou word vir alle leiers in jeugbediening.
Anriëtte de Ridder skryf: “Dit behels verskillende sprekers en videogrepe oor allerlei onderwerpe, met groepbesprekings daarna.”
Die volgende geleentheid is op Saterdag, 28 Januarie 09:00 – 15:00 by Bergsig Gemeente in Durbanville. Bring jou hele span jeug -vrywilligers (kategete, ouers, kinder- en jeugwerkers en predikante). Die koste is R80 pp en dit sluit middagete en teetyd in. Inskrywings teen Dinsdag, 24 Januarie by my in die Jeugkantoor per e-pos by [email protected] of 021 808 9050.
Jeugwerkers en jeugpredikante word ook genooi na ʼn spesiale #Imagine Ignite toerustingsessie net vir hulle op Vrydagoggend, 27 Januarie 2017 ook by Bergsig. Dit is gratis, maar skryf ook asseblief daarvoor by my in.
Vriendelike groete