Leier ToerustingTematiese Video's

Toerusting: Pakket vir kategete en kleingroepleiers

By Jan 17, 2022 No Comments

Maak seker jou kategete (en jeug kleingroepleiers) is toegerus vir die jaar!

Hierdie pakket bestaan uit 15 video’s, elk ongeveer 10 min lank, wat deur verskillende predikante aangebied word. Die temas is prakties en relevant vir laerskool en hoërskool kategete. Elke video kom met ’n gepaardgaande gespreksblad wat aan elke deelnemer uitgedeel kan word. Daar is ook fasilteerdernotas met ekstra inligting vir die toerustingsessie.

Skaf hierdie pakket aan en besluit self hoe gereeld en op watter manier jy dit wil gebruik, bv. stuur een video per week aan jou leiers of hou kwartaalliks ’n opleidingsessie waartydens jy 3 video’s wys en gesprekke daaroor voer.

Sien hier ‘n voorbeeld van ‘n gespreksblad en fasiliteerder-notas.

Die video’s (met ’n watermerk) is gratis hier op YouTube beskikbaar, maar al die hoë kwaliteit video’s, gespreksblaaie en fasiliteerdernotas is by die pakket teen R300 ingesluit.
Registreer by https://forms.gle/qN5AoDAQBMpFuR3m6 om die pakket te koop.

Leave a Reply

en_ZAEnglish