Hoe moet ons oor Millennials, geloof en die toekoms dink?
Jaco Hamman het tydens ‘n aanbieding in Stellenbosch in Augustus 2018 oor sy boek “The Millennial Narrative” die volgende genoem:
- As ons nie die Millennial generasie bereik nie, sal Christenskap as geloof in gedrang kom.
- Millennials verlang na die “goeie lewe” en stel nie belang in die “goeie nuus” soos ons dit tradisioneel aanbied nie.
- Bediening aan, deur en saam met Millennials vra dat ons vars dink – buite die konvensies van tradisionele denke.
- Die boek Joël in die Ou Testament kan ons help met die teologiese vertrekpunt wat ons hiervoor benodig.
- Millennials kan ons help herdefinieer wat dit beteken om Christen te wees – hulle sal nooit glo en doen soos ons nie.
– opgesom deur Anriëtte de Ridder