Skip to main content
Vakansie- en spesiale dae

Spesiale Gebed vir Moedersdag

By May 6, 2024No Comments

Spesiale Gebed vir Moedersdag

  • Anriëtte de Ridder

Here, ons bid vandag vir alle moeders, ma’s, oumas en moedersfigure. Ons vier Moedersdag saam met hulle en al hul kinders en kleinkinders: biologies, aangeneem of geestelik. Ons dank U vir wat hulle doen en vir hulle omgee – hulle is soos sout in ons lewens. Hulle bring die beste geure in ons na vore.

Ons bid ook vandag vir almal wat hul ma’s, oumas en vrouens verloor het, asook alle enkelpa’s. Maak ons ook bewus van almal wat nooit ’n ma of moederfiguur geken het nie en stuur ons om hulle te ondersteun.

Ja, Here, Moedersdag beteken vir ons elkeen iets anders en ons bid dat U by elke persoon sal wees en ons sal gebruik soos sout wat geur bring in die wêreld en genees, sodat almal die liefde kan ervaar wat hulle nodig het. Amen

Leave a Reply