Soek jy ‘n lekker, maklike ysbreker of ‘n jaarafsluitingaktiwiteit vir jou jeuggroepe? Wat daarvan om ‘n “Selfie Scavenger Hunt” te hou? Hierdie is ‘n geen-voorbereiding aktiwiteit vir jonk of oud of selfs jonk en oud saam wat ure se pret kan verskaf. Druk die templaat hieronder vooraf uit. By die byeenkoms, verdeel die groot groep in kleiner groepies. Gee die instruksies en ‘n tydslimiet deur. Maak ook seker dat daar ‘n verantwoordelike persoon by elke groep is wat kan uitkyk vir veiligheid. Na die tyd kan julle saam ietsie drink en na al die foto’s kyk op ‘n groot skerm.