Skip to main content
Huisgeloof Argief

Romeine 4:23-35

By June 19, 2024No Comments

Dag 6: Leef eenvoudiger

God gee Jesus 

Ek het nou die dag by ‘n oom en tannie wat al vir baie jare in ons kerk is gaan kuier. ‘n Vriend van my was onlangs in ‘n motorfiets ongeluk en ek vertel hulle daarvan tydens my kuier. Hulle vra toe wat sy naam is en toe hulle sy naam hoor is hulle so verbaas dat iemand van 80 nog motorfiets ry en hulle wonder toe of ek nie dalk die verkeerde naam het nie want die man wat hulle ken, met dieselfde naam, het ook nie twee jong kinders nie.  

Ek se toe ek is redelik seker dat dit sy naam is en ek verduidelik toe waar hy bly. Toe die oom en tannie dit hoor was hulle nog meer verbaas want hoe kan dit moontlik wees dat ons van dieselfde mens praat, met dieselfde naam, wat in dieselfde huis bly, in dieselfde kerk is maar hulle dink hy is in sy 80’s en die man wat ek ken is in sy 30’s. 

Natuurlik was dit toe die derde generasie wat in dieselfde huis bly. Die oom en tannie het my vriend se oupa geken en sy pa en later kontak verloor en nie gedink dat ‘n derde generasie, ‘n derde man, met dieselfde naam in dieselfde huis en in die dieselfde kerk woon nie. Name en huise en ander eiendom is van daardie goed wat oor geslagte heen vir ons gegee is, dit help ons om te weet wie ons is, waar ons vandaan kom en dalk selfs wat ons waardes is. 

Ons lees in vandag se teksgedeelte dat die woorde wat God vir Abraham gese het, nie net vir hom was nie maar baie jare later ook vir ons is.  

Kom ons luister saam na Romeine 4:23-35 waar ons hoor hoe God se woorde vir ewig hou, van generasie tot generasie: 

Daar is geskryf dat God hom vrygespreek het, maar dit is nie net vir Abraham geskryf nie, 24 dit is ook vir ons geskryf. God sal vir ons ook vryspreek, vir ons wat glo in God wat vir Jesus, ons Here, weer laat lewe het. 25 God het vir Jesus laat sterf omdat ons sonde gedoen het, en God het vir Jesus weer laat lewe omdat God ons wou vryspreek. 

Gesels nou saam oor die volgende vrae. 

  1. Is dit maklik om die woorde van die Bybel vandag nog te verstaan?  
  2. Verstaan ons die woorde van die Bybel dalk anderste as ander mense? 
  3. Wat vertel die Bybel ons van Jesus en wat Jesus vir ons gedoen het?  

Kom ons bid saam. 

Dankie Here dat U vandag nog met ons praat. 

Amen 

Doen nou die volgende saam. Hier is ‘n voorstel:  

Lees saam uit ‘n Bybel wat jy dalk by ‘n vorige generasie geerf het. 

Mag die Here by elkeen wees en bly. 

Leave a Reply