Skip to main content
Huisgeloof Argief

Romeine 4:17-19

By June 19, 2024No Comments

Dag 5: Leef eenvoudiger

God is die een wat belowe 

Toe ek jonk was, het ek ‘n paar vriende gespeel op ‘n plek waar ons nie moes nie. Daar was ‘n huis wat se dak afgeval het en ons ouers het vir ons gese dat ons nie daar moet gaan speel nie, ons moet wegbly. My vriende het belowe dat niks met ons kan gebeur as ons daar gaan speel nie, ek moet saam kom. Toe ons daar speel vir ‘n rukkie kom ons agter dat nog niks sleg gebeur het. Daar was ook ‘n groot hammer en ons besluit toe om ‘n gat in een van die mure te slaan sodat  dit ‘n tonnel maak na die ander kant toe. Ek was nie seker of ons dit moet doen nie maar my vriende het belowe dat daar niks kan gebeur nie. Omdat ek hulle die eerste keer geglo het, het ek weer en so het ons begin afbreek aan die muur. Ons was nie lank besig nie toe vas ‘n stuk muur op my toon, dit was so seer, daar was baie bloed en later kom ek sien dat my toonnael afgeval het.  

My vriende het beloftes gemaak wat hulle nie kon hou nie en ek het hulle geglo. Dit het nie goed uitgewerk nie, veral nie toe ons by die huis kom en moes verduidelik waar dit alles gebeur het nie. In die Bybel leer ons dat ons op God se beloftes kan vertrou. God maak beloftes wat soms nog meer onmoontlik lyk maar die Bybel is vol van stories waar God getrou is en God se beloftes waar is. 

Kom ons luister saam na Romeinge 4:17-19 waar ons hoor van God se belofte aan Abraham en Abraham se reaksie: 

Want God het vir Abraham gesê: 

Ek het jou die voorvader 

van baie volke gemaak. 

Abraham het naby God gelewe en hy het in God geglo, God wat dooie mense weer laat lewe en wat dinge maak, dinge wat voorheen nie daar was nie. 18 Niemand het gedink Abraham sal die voorvader van baie nasies kan word nie, maar Abraham het geglo dit sal gebeur, want God het vir hom gesê: 

Jou nageslag sal groot wees. 

19 Abraham was omtrent 100 jaar oud en hy het geweet hy is naby die dood. Hy het ook geweet Sara kan nie kinders kry nie. Maar sy geloof het sterk gebly. 

Gesels nou saam oor die volgende vrae.

  1. Sou my maklik vir God glo?  
  2. Wat maak dit vir ons moeilik om beloftes te glo? 
  3. Wat is jou gunsteling belofte in die Bybel? Watter belofte gee jou hoop  

Kom ons bid saam. 

Dankie Here dat ons op U kan vertrou en in U beloftes kan glo. 

Amen 

Doen nou die volgende saam. Hier is ‘n voorstel:  

Ons het hierdie week nou al gesels oor die geraas wat advertensie in ons lewens maak en hoe om dit stiller te maak. Gesels en dink aan die beloftes wat advertensies maak ek of ons dit kan vertrou. 

Mag die Here by elkeen wees en bly. 

Leave a Reply