Privaatheidsbeleid
Hierdie privaatheidsbeleid het ten doel om enige besoeker/s en gebruiker/s van die webtuiste dinkjeug.co.za of die DinkJeug Families toep in te lig rakende die insameling, gebruik en openbaarmaking van persoonlike data soos versamel wanneer u van die webtuiste of toep gebruik maak asook enige besluite wat met daardie data gepaard gaan.
In hierdie privaatheidsbeleid verwys ‘’platforms’’ na al DinkJeug se webwerwe, sosiale media rekeninge, en / of enige ander vorm van tegnologie wat u van gebruik mag maak om met ons te kommunikeer. ‘’Dienste’’ verwys na enige inhoud (op die webwerf, toep of elders) wat deur DinkJeug aangebied, besit, bedryf of gehuisves word. DinkJeug is verbind daartoe om u privaatheid sowel as u bates te beskerm.
DinkJeug besef ons verpligting om met vertroulikheid u persoonlike inligting te beskerm en te respekteer. Besoeker/s en gebruiker/s se privaatheid is ‘n belangrike aspek, beide vir u en vir DinkJeug. Die aanvaarding van hierdie terme en voorwaardes word effektief sodra die besoeker/s en gebruiker/s die eerste maal toegang verkry het tot hierdie webtuiste of toep en sal ‘n bindende ooreenkoms met DinkJeug daarstel.
Ten einde meer te leer oor die beleide en praktyke van DinkJeug, lees
asseblief die volgende:
– Beskerming van besoeker/s- of gebruiker/s inligting.
– Beskikbaarstelling van besoeker/s of gebruiker/s inligting – verantwoordelikheid.
– Bewaring van persoonlike inligting.
– Aanlyn privaatheid.
– Private riglyne en besoeker/s of gebruiker/s se verpligtinge.
– Reg om hierdie privaatheidsbeleid te wysig.
Beskerming van besoeker/s- of gebruiker/sinligting
Besoeker/s- of gebruiker/sinligting verwys na die inligting wat betrekking het op ‘n kliënt, ongeag of die kliënt ‘n individu of ‘n besigheid is. Die inligting sluit persoonlike besonderhede in en is nie beperk tot ‘n naam, ouderdom, identiteitsnommer, kliënt nommer, e-posadres, IP- (Internet Protocol) adres asook datum en tye wat die platform/s besoek is.
DinkJeug gebruik hierdie inligting ten einde vir navorsing, beplanning, ondersoeke sowel as om verbetering van die platform en die inhoud plasings aan te bring. Die tipe inligting wat versamel word, word gebruik afhangende van die doel waarvoor dit benodig word om die dienste of die inligting aan ons besoeker/s en gebruiker/s te verskaf. DinkJeug mag die inligting versamel ook om die volgende redes:
- Om u in kennis te stel van veranderings in ons dienste
- Die gebruik van die platform te monitor en sekere gebruikspatrone te analiseer en demografie inligting in win – hierdie statistieke is vertroulik.
- Ontleding en/of waardevolle inligting word vertroulik aan bestuur vir/van die platform/s verskaf ten einde sekere afdelings doeltreffend te bestuur.
- Enige tegniese probleme te kan identifiseer en reg te stel.
- Vir die uitstuur van kommunikasie rakende nuus of gebeure,
- Verdere inwin van inligting vir inhoud skepping om sodoende doeltreffende inligting te plaas vir ons besoeker/s of gebruiker/s.
- Vir die terugvoering wat aangevra is deur besoeker/s of gebruiker/s.
Die bewaring van die besoeker/s en gebruiker/s se inligting is een van ons belangrikste
verantwoordelikhede. Ons privaatheidsbeleid bepaal werknemers en verskaffers sal met betrekking tot akkuraatheid, vertroulikheid en sekerheid van alle besoeker/s en gebruiker/s se inligting gebruik maak.
Inligting beskermingsriglyne:
- DinkJeug sal nie inligting versamel sonder u vooraf toestemming nie.
- Dit bly die besoeker/s of gebruiker/s se vrywillige keuse om DinkJeug se platform/s te gebruik.
- Indien ‘n besoeker/s of gebruiker/s jonger as 18 jaar oud is, moet daar toestemming vanaf ‘n ouer of voog gegee word, voordat daar enige inligting geplaas word van die individu.
- Die meeste inligting wat ontvang word deur die besoeker/s of gebruiker/s word op ‘n databasis bewaar wat ingeboude veiligheidseienskappe het ten einde die privaatheid en vertroulikheid van sodanige inligting te kan verseker.
- DinkJeug sal nooit enige besoeker/s of gebruiker/s se inligting verkoop of andersins beskikbaar stel aan enige ander organisasie of partye nie, behalwe in uitsonderlike gevalle soos uiteengesit in die deel van besoeker/s- of gebruiker/sinligting.
Beskikbaarstelling van besoeker/s- of gebruiker/sinligting – verantwoordelikheid
Gevalle waarin DinkJeug toegelaat word om besoeker /s- of
gebruiker/sinligting te openbaar, is die volgende:
- Deur u gemagtig: DinkJeug bestaan uit ‘n aantal verskillende afdelings, deur u inligting aan die verskillende afdelings te voorsien, kan ons u meer effektief bedien.
- DinkJeug sal nie enige persoonlike inligting aan derde partye vir onafhanklike gebruik beskikbaar stel of voorsien nie.
Bewaring van persoonlike inligting
Persoonlike inligting wat versamel word deur DinkJeug deur middel van DinkJeug platforms, word in ‘n veilige omgewing bewaar.
Aanlyn privaatheid
Die privaatheid en sekuriteit van toepassing op spesifieke aanlyn dienste. DinkJeug se webwerf en toep bevat skakels na en vanaf ander webtuistes, mobiele toepassings en/of dienste van derde partye. Deur op hierdie skakels te klik, of hierdie konneksies te aktiveer, kan derde partye toegelaat word om inligting oor die gebruiker te versamel
en te deel. Let asseblief daarop dat hierdie derde partye nie deur ons geëvalueer is nie, en ons geen beheer oor hierdie derde partye het nie, en nie verantwoordelik is vir die privaatheidspraktyke van sodanige ander partye wanneer u die DinkJeug platforms verlaat nie. Ons beveel aan dat u die privaatheidsverklarings van elke platform lees wat u besoek en wat persoonlike inligting versamel.
Private riglyne en besoeker/s of gebruiker/s verpligtinge
U kan ook help om die sekuriteit van u inligting te beskerm deur die volgende private riglyne en verpligtinge te volg:
- Moet nie u platform sonder toesig laat terwyl u aanlyn transaksie/s doen nie.
- Moenie u persoonlike en finansiële inligting toevertrou aan enige platform wat u nie ken of vertrou nie.
Reg om hierdie privaatheidsbeleid te wysig
DinkJeug behou die reg voor om hierdie beleid oor die beskerming van privaatheid ten enige tyd te wysig. Alle wysigings tot hierdie beleid oor die beskerming van privaatheid sal op DinkJeug se webtuiste gepubliseer word. Tensy anders bepaal, sal die huidige weergawe alle vorige weergawes van hierdie beleid oor die beskerming van privaatheid herroep en vervang.