Skip to main content
Erediens: Familiediens

Preek reeks Geloofs Gewoontes: Geloofsgesprekke

By May 29, 2018No Comments

Inleidende idees vir ‘n erediens:

Soet en Suur: Daar is twee maniere wat jy hierdie oefening in ‘n erediens kan beoefen. Eerstens kan jy al die kinders na vore roep tydens ‘n kindermoment. Vul ‘n houer met soet en suur lekkers. Almal steek hulle hande in die houer. Vra vir hulle om die lekkers te proe. Vra een van die kinders wat ‘n soet lekker geproe het, om iets moois te deel wat met hulle gebeur het. As jy ‘n suur lekker geproe het, deel iets wat in jou dag gebeur het, wat nie so lekker was nie. Vertel nou vir die kinders en die gemeente hoe dit goed is om daagliks ons goeie en minder goeie ervarings te deel, as deel van ons geloofs gewoontes.

Fliektyd: Reël ‘n diens waartydens julle tyd maak om ‘n film te kyk en die opvolgende week ‘n gespreks geleentheid daarvoor bied. Die gesprek kan ook in selgroepe plaasvind  deur middel van vrae wat julle aan selgroepe versprei via Google docs of op julle webtuiste plaas. Reël families dat ons nie net as gesinne saam ontspan wanneer ons films kyk nie, maar dat ons daaroor kan gesels en kosbare gespreksgeleenthede binne ons huise skep.

Musiekaand:  Kies ʼn lied wat jy tydens die erediens kan speel, (gospel of sekulêr). Gooi die woorde van die lied op die skerm en laat gesinne daaroor gesels. Jy kan die gesprek afbaken deur spesifieke vra aan hulle te gee en elke vraag aan ʼn gespreksmoment koppel. Bv. Deel watter woord het jou geraak of watter prent kom by jou op as jy die lied hoor. Watter ervaring uit jou eie lewe word by jou opgeroep. Hierdie skep geleentheid om die tema in te lei van “hoe God by mense se ervarings van die lewe betrokke is”.

Die bogenoemde idees is geïnspireer en saamgebind in die boek: Ons huis oefen: Families Glo Saam deur Anriëtte de Ridder en Maartje van der Westhuizen