Skip to main content

Marinette Kilpert gee vandag ‘n paar wenke om die woelige maats in die kategese te hanteer. 

Luister hier na die podcast:

Sjoe, ons almal was al daar waar die volume vlakke tydens kategese al hoe hoër en hoër raak.

Hier is ‘n paar praktiese wenke om daardie woelige maats minder woelig te maak:

  1. ‘n Groepsooreenkoms wat jy as leier saam met die kinders opstel, is ‘n baie goeie begin. Besluit op drie eenvoudige reëls en ook wat die gevolge gaan wees as die reëls nie nagekom word nie. Omdat hulle saam die reëls opgestel het, koop hulle in op die kategese kontrak. Hulle kan selfs daarby teken.
  2. Speel aan die begin ‘n vinnige groet-mekaar speletjie om die energie wat tydens die erediens opgebou het, van ontslae te raak. Byvoorbeeld
  • groot lyfie – klein lyfie
  • high five – low five
  • “musical statues”
  1. Werk dalk ‘n spesiale groet uit waarmee julle begin, byvoorbeeld: “Alle wie, alle wa, ons gaan begin, ek bly nou stil.”
  2. Afwisseling is baie belangrik om woelige lyfies stil te hou. Praat harder en dan sagter, vinniger en dan stadiger, wissel die manier wat jy ‘n storie vertel ook af deur een keer dit te vertel, dit voor te lees, ‘n handpop te gebruik of selfs ‘n video van Youtube te speel.
  3. Maak gebruik van jou woeligste lyfies om jou helpers te wees, vra hulle om iets vas te hou, iets uit te deel of om iets te dra. Op hierdie wyse betrek jy hulle en gee vir hulle ‘n spesiale rol.
  4. ‘n Ou gusteling om te speel natuurlik is: “Klap twee keer as jy my kan hoor… klap drie keer en raak aan jou neus as jy my kan hoor…” totdat die kinders jou volg en rustiger raak.
  5. En heel laaste kan jy as leier ook net stil bly, jou arms kruis en agteroor sit. Dit is nogals interessant om te sien hoe vinnig hulle die verandering in atmosfeer optel en so rustiger raak.

Op die ou einde van die dag is jy as leier ook net mens en sal die irritasie-vlakke so nou en dan styg met woelige lyfies. Stop net, haal diep asem en weet dat die klein lyfies wat voor jou sit, ook maar net mens is en net liefde soek.

Leave a Reply