Annelet Slazus gesels vandag oor skermtyd en mental health by jongmense.
Luister hier na die podcast:
Mens hoor dikwels dat skermtyd so gevaarlik en ongesond is vir jongmense, en die meeste ouers probeer om skermtyd te beperk. Tog word daar selde werklik in diepte gesels oor waarom daar sulke groot, rooi gevaarligte oor skermtyd is.
Die gebruik van skermmedia by kinders kan beide positiewe en negatiewe impakte op hul ontwikkeling hê. Wat kognitiewe ontwikkeling betref, het skerms die potensiaal om onderwys en leer te verbeter.
Studies het egter getoon dat oormatige skermtyd en “media-multitasking” uitvoerende funksionering, sensories-motoriese ontwikkeling en akademiese uitkomste negatief kan beïnvloed.
Maar waarom moet die kerk dan oor skermtyd dink en praat?
Die eenvoudige antwoord is: om ouers en jeug te bemagtig dat skermtyd bydra tot hulle lewens en nie afbreek doen nie.
Navorsing toon dat angs en depressie by jongmense tans hoër is ooit vantevore, en navorsing toon ook dat skermtyd ‘n bydrae het hieraan.
Jongmense word op verskeie maniere aan skerms blootgestel. Dit sluit in:
- Passiewe verbruik: Dit sluit lees, luister na musiek of televisie kyk in.
- Interaktiewe verbruik: Sluit aanlyn speletjies en webblaaiery in.
- Kommunikasie: Gebruik ‘n videoklets of sosiale media.
- Inhoudskepping: Gebruik toestelle om kuns of musiek te skep.
- Opvoedkundige skermtyd: Dit behels leeraktiwiteite insluitend klasse, navorsing en groepbesprekings.
Hieruit kan ons sien dat skermtyd ‘n noodsaaklike en onvermydelike deel is van ‘n jongmens se lewe, hoofsaaklik namate hulle ouer word.
So hoe kan die kerk skermtyd aanmoedig dat dit ‘n positiewe bydrae tot ‘n jongmens se lewe het?
Hier is 4 onderwerpe van hoe skermtyd jongmense se mental health beïnvloed:
- Afknouery/Boelie: Jongmense vertel dat hulle dikwels deur middel van teksboodskappe of sosiale media geboelie word. Sosiale media gee mense die skyn waagmoed om iets oor iemand te sê terwyl hulle agter die masker van ‘n skerm wegkruip, wat hulle nie noodwendig sou sê as hulle iemand in die oë moes kyk nie. Die meeste jongmense hou hierdie tipe van boelie geheim, aangesien hulle vernederd en skaam voel.
- Liggaamsbeeld: Ongeveer 1 uit 3 meisies sê hulle voel ten minste een keer per week sleg oor hul liggame wanneer hulle TikTok, Instagram en Snapchat gebruik.
- Slaap: Wanneer tieners laat wakker bly en na fone en ander skerms staar, inhibeer die blou lig wat uitgestraal word hul liggame om melatonien af te skei en kry hulle minder REM-slaap, wat korttermyngeheue kan beïnvloed.
- Depressie: Jongmense wat baie tyd op hul skerms deurbring, het selde tyd vir mental breaks. Hierdie breke is nodig sodat jou brein kan rus, jou gedagtes kan stil word en dat jy met jou omgewing kan verbind. Hulle spandeer meer tyd aanlyn in onpersoonlike verhoudings as om fisies met ander te sosialiseer.
Sommige van die gedrag wat verband hou met angs en depressie by kinders sluit in:
- Voel die meeste kere hopeloos, ongelukkig of geïrriteerd
- Voel die meeste van die tyd moeg, traag, gespanne en rusteloos
- Vermy prettige aktiwiteite
- Toon selfbeserende en selfvernietigende gedrag
- Verander eetgewoontes – eet minder of meer
- Sukkel met konsentrasie
- Om bekommerd te wees oor slegte dinge wat gebeur
- Veranderinge in slaapgewoontes
- ‘n Lae selfbeeld
Hoe kan ons voorkom dat skermtyd ‘n negatiewe uitwerking het op ons jongmense?
- Neem gereelde breke van die skerms. Dit is nie altyd realisties om skermtyd te beperk nie, maar om ‘n pouse van die skermtyd te neem is meer realisties.
- Beklemtoon genoeg slaap, ‘n voedsame dieet en oefening. Skermtyd verhoed nie oor die algemeen hierdie dinge nie, maar jongmense is geneig om skermtyd bo hierdie dinge te kies.
- Kies kwaliteit bo kwantiteit. Neem deel aan jou kind se skermtyd, sonder om dit te beheer. Maak seker dat jou kind in ‘n veilige spasie, nie ‘n geheime spasie, hulle skerms kan gebruik om so te verseker dat hulle nie na ongesonde video’s kyk, speletjies speel of boodskappe stuur nie.
Tegnologie bied enorme geleenthede vir ons om interaksie te hê, betrokke te raak en met mense te bond wat ons nooit vantevore sou nie. Ons moet egter versigtig wees om hierdie tegnologie in ons lewens te inkorporeer. Verslawing aan skerms en die effek op geestesgesondheid is werklik en kan op die lang termyn implikasies vir jou kind se gesondheid hê.