Tilana Meyer-Morkel wil jou vandag graag opgewonde maak om jou groep na #imagine 2024 te neem!
#imagine is om die draai en ons as span kan nie wag vir die duisende tieners om op Bredasdorp toe te sak nie. Die inskrywings en registrasies is reeds oop en daar is al die nodige bemarkingsmateriaal beskikbaar. #imagine is ‘n geleentheid wat jy nie wil misloop nie!
Ons doel by #imagine is om te inspireer, toe te rus en te versoen. Waar brug-bou en vriende raak met vreemdelinge ‘n hoof prioriteit is!
Daar is verskeie redes waarom die #imagine naweek waardevol is vir gemeentes, groepe en individue:
- Eerstens is #imagine een van die enigste geleenthede waar tieners van verskillende kulture, agtergronde en kerke bymekaar kom vir ‘n gesamentlike doel – die uitbreiding van God se Koninkryk deur verhoudings.
- Dit is ‘n naweek wat spesifiek op die behoeftes en leefwêreld van tieners gefokus is – hulle manier van aanbid, bid, toerusting en ervaring.
- Ons kry van die beste gassprekers, groepleiers, mentors en beraders in die land om by #imagine te kom help inbou in die tieners se lewens, almal wat natuurlik ‘n passie het vir jongmense en toegewyd is aan die toekoms van Suid-Afrika.
- Ons bevorder ‘n hoopvolle aanslag tot die toekoms van die land deur tieners toe te rus om terug te gaan na hulle tuisdorpe en hulle gemeenskap te dien. Ons lei die leiers van more op met diensbare harte en vasberade verstande!
Miskien voel jy jou groep is te klein of daar is nie genoeg belangstelling nie… die kaartjies kan selfs vir jou dalk te duur voel. Maar ek kan jou waarborg dat die geleentheid selfs vir die kleinste dorp met 1 of 2 tieners waardevol sal wees. Verlede jaar het ons vanuit die Paarl ‘n bus vol gemaak tussen gemeentes en organisasies. Tieners het mekaar op die bus alreeds leer ken, het saamgekamp en het as vriende teruggekom Paarl toe. Meer as die helfte van die bus se kaartjies was deur verskeie lidmate van verskeie gemeentes en kerke geborg en so kon ons seker maak dat almal wat graag wil, kon saamgaan #imagine toe.
Daar is verskeie maniere waarop jou kerk betrokke kan raak. As julle kreatief is, kom help asseblief met die gebedstasies. Meld aan as vrywilligers, beraders, mediese ondersteuning of toesighouers. Kom bied ‘n werkswinkel aan of borg ‘n tiener of 20.
Bid asseblief saam met ons vir #imagine hierdie jaar. Ons kamp saam by Bredasdorp se Bredasdorp Park van 21-23 Maart 2024. Ons hoop ons sien jou daar!
Daar is meer inligting oor #imagine by www.imaginemovement.co.za beskikbaar, of julle kan by die DinkJeug kantoor meer inligting kry (https://dinkjeug.co.za/imagine/ of [email protected])
Volg gerus vir #imagine op sosiale media platforms en deel die opwinding van die reis met tieners in jou gemeenskap!
Luister hier na die podcast: