Francois Maritz gesels oor geloofsgewoontes vir jou kleingroep tydens die eksamen, spesifiek hoe om die Bybel te lees.
Ek wil vandag graag ‘n ou manier van Bybel lees, nuut met julle deel. Lectio Divina is die praktyk waarin jy die Skrif met jou hart lees – vir ‘n verhouding met God. Dis ‘n stadige lees met jou sintuie en jou verbeelding. Dit is nie ‘n lees vir inligting met die ‘kop’ nie, maar vir verhouding, met die hart.
Lectio Divina het vier stappe of momente: Lees, Mediteer, Gebed en Woordelose by God wees met dit wat jy beleef.
Hierdie vier momente is nie vas nie, maar eerder vloeibare bakens op jou reis.
Prakties gestel:
- Lees ‘n gedeelte in die Bybel hardop en beleef die gedeelte terwyl jy dit lees.
- Mediteer oor die gedeelte en kies een woord of frase wat vir jou uitgestaan het.
- Bid kortliks die woord of frase wat vir jou uitgestaan het. Deel dit met die Here.
- Lees die gedeelte vir ‘n laaste keer waarna jy in stilte weer beleef wat met jou gebeur het en waar jy God/Jesus ontmoet het. Waarna jy kan afsluit met die vraag: “Wat is die een ding vanuit hierdie teks wat ek vandag met my wil saamneem?”
Op ‘n ander meer sintuiglike manier:
- Watter geluide of klanke in die gedeelte staan vir jou uit?
- Watter beelde of prente in die gedeelte staan vir jou uit?
- Watter doen dinge in die gedeelte staan vir jou uit?
- En laastens, watter woorde in die gedeelte staan vir jou uit?
Byvoorbeeld:
Wat kon die dissipels aan tafel hoor saam met Jesus?
Hoe het dit gelyk aan tafel saam met Jesus?
Hoe het dit geruik aan tafel saam met Jesus?
Hoe het die brood wat Jesus gebreek het, geproe?
Hierdie is alles maniere hoe ons saam die Bybel dieper kan lees en ‘n ryker ervaring daarvan kan ontgin. Lectio Divina – ‘n ou praktyk, nuut vir vandag.
Luister hier na die podcast: