Skip to main content

On the Journey – Tiener preekreeks of kamp met 5 sessies

Die reeks bevat 5 sessies en sluit aan by die #imagine tema van 2017, maar herhaal dit nie. Dit is geskryf vir pinkster maar kan ook enige tyd van die jaar gebruik word. Dit sluit 5 preekriglyne in, asook voorstelle vir gebedstasies en grootgroep speletjies by elk. Dit kan ook maklik gebruik word vir ‘n kamp.

Vir die program in PDF formaat, klik hier: On the journey – ‘n reeks of kamp vir tieners

 


Elektroniese Tiener Pinkster

Sosiale media is deel van die meeste tieners se leefruimtes en kan daarom maklik gebruik word om tieners te bereik wat nie altyd by die kerk kan uitkom nie. Hierdie reeks is saamgestel uit 8 Bybelstudies vanaf die Ons Glo webtuiste of toep, wat fokus op Pinkster-temas, met ‘n Whatsapp prentjie en teks vir elke dag.

Hoe werk dit?

Die reeks is opgestel om oor 8 dae te loop soos hieronder voorgestel, maar voel vry om dit te gebruik soos benodig.

  • Donderdag: Hemelvaart
  • Sondag: Heilige Gees
  • Maandag: Geloof
  • Dinsdag: Kerk
  • Woensdag: Gebed
  • Donderdag: Gehoorsaamheid
  • Vrydag: Getuienis
  • Sondag: Gawes
Vir elke dag is daar ‘n Whatsapp prentjie wat uitgestuur kan word aan die verskillende tienergroepe, asook ‘n boodskappie om by te voeg.
Hier is die bladsy met elke dag se kort boodskappie: Elektroniese Tienerpinkster PDF
Laai die prentjies hier af:

 

Die webtuiste kan besoek word by www.onsglo.co.za of laai die volledige toep af op jou slimfoon deur in jou playstore te soek vir “Ons glo”.