Skip to main content
  • Lees die verhale van Pinkster – Jesus se hemelvaart, die dissipels wat wag in die bovertrek, en die uitstorting van die Heilige Gees –  saam uit die Bybel of Kinderbybel. Speel dit dan uit met stokfiguurtjies, lego of deur middel van rollespel. Kyk of julle julle kan indink oor wat die verskillende karakters gedink en gevoel het, en hoe jy sou reageer het.
  • Gesels oor die metafore van die Gees – wind, vuur, water, olie, ens. en oor wat elkeen beteken. Beeld een van dié metafore kreatief uit in julle huis. Julle kan die internet gebruik om die metafore te soek. Dink ook aan moderne metafore vir die Gees en hoe dit jou kan help om die Heilige Gees beter te verstaan en ervaar.
  • Maak saam vrugteslaai en kyk of julle al 9 eienskappe van die Heilige Gees kan opnoem. Kyk in Gal 5:22-23 indien julle vashaak.
  • Bak ‘n koek en hou partytjie om die geboorte van die kerk te herdenk. Gesels saam oor wat kerk is.
  • Maak ‘n “playlist” van “praise & worship” musiek vir die week en laai dit op almal se fone om te luister.
  • Laai die Dinkjeug Familie App af en luister daagliks saam na die 5 minute oordenking en gesels daaroor. Stuur dit ook aan vir ‘n ander gesin.
  • Kyk op www.dinkjeug.co.za en www.kixkinders.co.za vir nog crafts en doen idees vir kinders en tieners. Op DinkJeug se YouTube kanaal is daar ook video’s om na te kyk.

~Anriëtte de Ridder

Leave a Reply