Zelda is deel van ’n selgroep van jong volwassenes wat bejaardes in hulle gemeenskap se behoefte na omgee raakgesien het. Hulle het toe besluit om hulle geloof prakties uit te leef deur ’n verskil in die bejaardes se lewens te maak. Hulle het dit gedoen deur meer as ’n 100 bederfpakkies te maak en dit aan die bejaardes uit te deel. Die res van die gemeente is deur hulle visie geraak en het R11 000+ ten bate van die bejaardes ingesamel.
Hulle het toe oor grense beweeg en mense van verskillende agtergronde bedien deur vir hulle te bid en pakkies uit te deel. Zelda het vir ’n vrou wat 24 uur van die dag in haar bed moet lê gebid en is diep geraak deur hierdie vrou se opwinding oor eenvoudige items soos toiletpapier en oorstokkies.
Deur die jongmense se inisiatief en die ondersteuning van die gemeente is talle lewens geraak en geleenthede geskep waar mense ’n ontmoeting met God kon hê.