Skip to main content
Jong Volwassenes

ONTMOET RUAN

By May 7, 2018No Comments

Ruan is ’n 18 jarige seun. Sy ouerhuis se finansiële status is van só aard dat hy elke naweek moet inbly in die dorpskoshuis. Toe ek hom ontmoet het, het hy ook nie in die Here geglo nie. Twee jaar gelede het ons paaie by ’n koshuis biduur gekruis toe hy gehelp het om die klank vir my op te stel. Ruan is nou al vir 2 jaar ons gemeente se klankman en ontvang ’n klein maandelikse salaris.

Ruan hou deesdae van kerk. Ons twee is groot vriende en die breër familie van Christus aanvaar vir Ruan. Hy is ook as prefek van die koshuis verkies en ons twee gesels gereeld oor hoe hy as leier eerder kan dien as ontvang.

Hy is nog ongemaklik met geloofsbelydenis maar hy ontvang liefde, aanvaarding en is gemaklik by die ‘kerk-mense’. Sondae is deesdae lekker vir Ruan, wat eenkeer per kwartaal huis toe gaan.