Ek het ‘n storie beleef waar Lené, ‘n jong werkende, en haar vriende besluit het om hulle vriendekringe intensioneel aan mekaar nader te bring deur middel van ‘n kwartaallikse wegbreek. Hierdie wegbreke het nie agendas nie en is ‘n geleentheid vir die vriendekringe om mekaar beter te leer ken deur saam te kuier.
Hierdie wegbreek-gemeenskap is ‘n diverse groep wat glad nie dieselfde kerk agtergrond, beroepe of woonarea het nie. ‘n Groot deel van die groep is ook nie kerkgangers nie, maar sal hulself wel as Christene beskryf. Iets wat spontaan gebeur rondom die braaivleisvure en bierproe, is gesprekke waar die betrokkenes onwetend en nie bedreigend mekaar op verskillende vlakke uitdaag.
Hierdie groep groei konstant aangesien nuwe vriende gereeld ingetrek word en hulle dan ook weer nuwe mense uitnooi, omdat hulle veilig voel binne hierdie groep.