Skip to main content
Jong Volwassenes

ONTMOET HELANIE

By May 7, 2018No Comments

Helanie is ’n gesiene jong volwassene in die gemeenskap, so te sê ’n ‘celebrity’. Sy is ’n aktiewe gemeentelid en is passievol oor haar geloof. Maar sy voel sterk dat dit nie die kerkleierskap of predikant se plek is om iets vir haar generasie te doen nie.

Sy wil eerder self ’n bediening onder hulle inisieer waar jongmense van alle agtergronde saam kan sit en koffiedrink en oor enigiets kan gesels. Hulle hoef nie eens Christene te wees nie! Maar haar droom is dat daar, vanuit hierdie gesprekke iets dieper sal spruit wat tot ’n alternatiewe geloofsgemeenskap vir jong volwassenes kan lei.

Ek bely: ek het in die gat getrap om geaffronteerd te voel omdat ek as predikant nie ’n leierskapsrol in haar droom kan speel nie. Ek kan op die meeste ‘net’ ’n deelnemer wees. Maar ek besef nou (in retrospek) dat sy ten diepste missionale kerkwees vergestalt. En ek besef dat ek my begrip van my rol sal moet skuif as ek werklik wil plek maak vir jong volwassenes.